advertisement
Question
Posted by: J | 2009/04/06

Spat are, groot probleem

Hallo Doc

Ek is nou 26 jaar oud en het vreeslik baie spat are op my bene. Ek het dit nou al omtrent vir 8 jaar. Dit het my nie so baie gepla nie want ek het maar aangeneem dit is oorerflik. Ek het dit presies op die plekke waar my ma dit het. Ek kyk nooit regtig daarna nie want ek is al so gewoont daaraan. Vanoggend toe let ek op dat dit vreeslik baie versprei het oor ' n kort tydperk. Dit begin baie erg lyk. Ek het wel ook so 2 weke terug agter my knieg ' n lelike pers kol ontdek en gedink dit is maar ' n blou kol want ek het so rukkie terug my been teen ' n bank gestamp, maar nie op dieselfde plek nie. Dit was nog glad nie seer nie anders het ek dit vroeer raakgesien. Dit lyk nou amper of dit aartjies is wat dalk gebars het.
Is daar iets wat ek omtrent die saak kan doen? Moet ek my gewone GP gaan sien of dalk iemand anders? Dink dokter dat die medies so iets sal betaal of val dit onder kosmeties? Ek is nou nogal bekommer hieroor. Ek het dit vir my man gewys het selfs hy het nogal geskrik toe hy dit sien.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo J
Spatare is baie keer oorerflik, agv swak kleppies wat dan nie mooi sluit nie, en bloed poel dan in hierdie are. Mens kan dit laat verwyder met 'n operasie (daar is baie ander are wat die werk kan oorneem want dit is nie slagare nie) en dit word gewoonlik deur 'n sjirurg gedoen. Jy gaan dalk 'n verwysing van jou GP nodig hê. Jou medies behoort daarvoor te betaal.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: rehette | 2016/03/03

More ek verskiklik pyn agter my been weet nie of dit n aar of net binne iets is wat so pyn nie kan my been nie op n sekere manier saan as ek slap draai nie pyn maak my wakker.

Reply to rehette
Posted by: leeann | 2013/04/08

hi doc Ek is nou 18 en ek begin spat are op my lae rug kry en vreeslike lae rug pyne ! ek is vreeslik baie bekommerd , moet ek wees? en wat kan ek doen om dit te stop en gesond te maak of te verwyder?

Reply to leeann

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement