advertisement
Question
Posted by: Esme | 2012/06/21

Spastiese Dikderm, depressie



Ek het ''n yster te kort, eks baie depressief en boonop sukkel ek nog die laaste 2 jaar na my seuntjie se geboorte met ''n spastiese dikderm. Eks nogal baie moedeloos al, die laaste 2 weke kan ek nie meer met die pyn in my rug, buikpyn, opgeblaasheid, hardlywigheid, diaree, hoofpyne mee saamlewe nie, dit is besig om my lewe te vernietig! Help asb, enige advies?
My buik en area oor my niere swel so erg dat dit lyk of ek 3mnde swanger is...ek kan nie meer so aangaan, dit voel letterlik of iemand my derms gevat en " gesmash"  het.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Esme

Dit is baie normaal om so te voel in die aansig van erge ongemak en pyn. Ek stel voor dat jy 'n gastroenteroloog vir 'n ondersoek konsulteer. Dit sal ook van waarde wees om om 'n psigiater te konsulteer, sodat hy/sy behandeling kan voorskryf vir jou depressie. 'n Anti-depressant kan van groot waarde wees en sommiges kan selfs help vir die behandeling van 'n spastiese kolon.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Charlotte | 2012/10/06

Ek het ''n spastiese kolon al vir die afgelope jaar ek kyk nou maar wat ek eet, ma moet eerlik wees my troue is om die draai en ek is ''n passiewe eter, sodra daar spanning is eet ek. Dit het nou al so erg geword ek dink my dikderm veroorsaak rugspasmas en my bene gaan dood dit voel soos groei pyne, maar dit voel of die bloed toe voer na my bene toe gemaak is.. kan spastiese kolon dit doen? Ek drink elke 2 de na 3de dag maar engelse sout om die hard lywigheid te keer. Maar as daar ''n maandstonde is kan niks daarvoor help nie tensy ek op vrugte bly soos by voorbeeld pruime.. Wil net weet of ek nou vir die res van my lewe sal moet kyk wat ek moet eet? en of is dit die dikderm wat my bene so lat pyn en dood lat voel?

Reply to Charlotte

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement