advertisement
Question
Posted by: Katryn | 2009/10/19

Spastiese Dikderm

Ek sukkel vreeslik met n spastiese dikderm soms is my maag hard ander tye voel dit of ek gastro het. Dit maak my moeg, lam, gedreineer, hoofpyne, dik en kop wat draai, rugpyn ens. Ek gebruik al vir 2 jaar probiflora maar voel dit help nie meer nie. Ek het onlangs middeloorontsteking gehad wat my balanskanaal aangetas het ek wetie of die draaiende kop dalk nog n nadraai daarvan kan wees nie? My gesondheid is die afgelope jaar glad nie goed nie ek word vreeslik siek en is maar 30 jaar oud. Het u enige raad vir n dikderm? Ek borsvoed tans.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Katryn
Het jy 'n ondersoek deur 'n gastroenteroloog gehad om die spastiese dikderm te diagnoseer? Dit kan dalk iets heel anders wees soos 'n verterings probleem ( laktose intolerasie of gluten intoleransie) of selfs 'n chroniese parasiet infeksie. Die draai duiseligheid sal nie jou maag aantas nie.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

10
Our users say:
Posted by: bernedette | 2015/09/23

Ek is Sopas ontslaan na 3 dae in hospitaal vir erge maagkrampe lae rug pyn dat ek sukkel om op te staan vd pyn. Getoets vir galstene maar negatived. Nou sit ek by die huis met Nogsteeds net soveel pyn as wat ek in gegaan het. Ek huil behoorlik vd pyn maar daar is net gesê Derms spasties. Jou liggaam sê vir jou as iets nie reg is nie en ek weet hier is fout. Hkm is daar nie meer gedoen nie bv bloed toetse xtrale ens of tel hulle dit in urine op

Reply to bernedette
Posted by: Divan | 2014/11/26

Hi Ek nou al vir seker 3 weke maag karmpe en maag pyne partykeer hardloop dir bo in my bors en sye ek al moedeloos weet nie meer wat om te maak nie was al tot in die hospital klomp scans laat doen en aks kon niks kry nie ek al als prober niks wil help nie kan iemand my asseblief help

Reply to Divan
Posted by: Anonymous | 2014/06/25

Ek't ook dieselfde simptome, maar ek tel weer vreeslik gewig op en my eetlus verdwyn heeltemal. "Normale" mense sou eerder gewig verloor het maar ek tel maklik 2kilos in een dag op as ek effens gespanne is. Enige raad?

Reply to Anonymous
Posted by: Wikma | 2010/02/15

PAIN, BLOATED, CONSTIPATED, TIRED, WIEGHT GAIN,

Reply to Wikma
Posted by: Erica | 2009/12/04

Hoe ontstaan dat jy ' n spastiese dikterm ontwikkel. Wat kan jy gebruik om dit te voorkom. Na my laporoscopy het die Dr ontdek dat die oorsaak vir die rugpyne as gevolg van ' n spastiese dikderm is. Hoe behandel jy dit.

Reply to Erica
Posted by: CD again | 2009/10/20

Hallo Katryn
Probeer Colofac vir krampe, Fybogel orange om die stoelgang te bind as dit te waterig is, en Lactulose om sag te maak. Biral is ' n homeopatiese kalmeer middel wat mens nie vaak maak nie en sal help vir spanning. Moenie ophou met jou probiflora nie!
Dr Bets

Reply to CD again
Posted by: Brit | 2009/10/20

Ja nee verstaan waardeur jy gaan, sukkel ook baie met die derm. Sterkte.

Reply to Brit
Posted by: Katryn | 2009/10/20

Ek het begin van die jaar n kolonoskopie gehad die dokter het gese my derm is permanent in n spasma dis hoekom ek so siek word. Ek het n dieetkundige gesien om my dieet aan te pas maar sy' t gese ek sal spanning moet probeer uitsny. Ek dink dis my grootste probleem, maar hoe sny mens tog spanning uit.

Reply to Katryn
Posted by: Gesiggie | 2009/10/19

Ek weet presies waardeer jy gaan. ek sukkel al vir 10 jaar lank met IBS (spastiese dikderm). Al wat vir my werk: Norvecol (sukkel bruin korrelti goed wat jy saam met water sluk) en dit hou my maag sag en gereeld.

Hoop dit werk vir jou!

Reply to Gesiggie
Posted by: cyberdoc | 2009/10/19

Hallo Katryn
Het jy 'n ondersoek deur 'n gastroenteroloog gehad om die spastiese dikderm te diagnoseer? Dit kan dalk iets heel anders wees soos 'n verterings probleem ( laktose intolerasie of gluten intoleransie) of selfs 'n chroniese parasiet infeksie. Die draai duiseligheid sal nie jou maag aantas nie.
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement