advertisement
Question
Posted by: rensa | 2008/06/12

sout

Wat is die beste en die verskil:
Iodated table salt teenoor iodated sea salt

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Rensa
Daar is nie eintlik betekenisvolle verskille tussen tafelsout en seesout nie, veral as albei met jodium verryk is om jodiumgebrek in die bevolking te voorkom. Albei soorte sout word verkry deur seewater te laat verdamp en die oorblywende mengsel van soute te oes. In sommige lande word soliede gekristalliseerde sout weer opgelos in water en dan verdamp. As mens die hele mengsel soute gebruik wat bekom word, noem ons dit seesout of onverfynde sout. Dit kan 'n grys kleur hê en smaak meestal bitter a.g.v. die kalsium- en magnesiumsoute wat dit bevat. Sommige deskundiges glo dat seesout nie genoeg jodium bevat om tiroïedfunksie te ondersteun nie. As die mengsel soute verfyn word deur die kalsium- en magnesiumsoute te verwyder dat net natriumchloried oorbly, dan word dit tafelsout genoem. Algemeen gesproke sal die klein hoeveelhede kalsium- en magnesiumsoute in seesout nie eintlik 'n verskil aan die daaglikse inname van hierdie voedingstowwe maak nie. Dit staan dus elkeen vry om self te besluit watter soort sout om te gebruik.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Zexion | 2008/06/13

Iodated sout het jodium in teenoor tafelsout. jodium help met die werking van die skildklier dit produseer 'thyroxine' wat temperatuur reguleer ens. Watter een die beste is sal afhang van dinge soos is jy allergies vir jodium anders sal dit goed wees as jy so 2.4mg gejodeerde sodium (sout) inneem.

Reply to Zexion

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement