advertisement
Question
Posted by: Rowajo | 2008/06/23

Sorg vir brein beseerde

Gauteng area: Enige raad / advies sal waardeer word: Waar kan 'n 40-jarige manspersoon huisvesting kry (met beperkte versorging)? Hy is redelik onafhanklik, maar het toesighouding nodig om byvoorbeeld medikasie gereeld te gebruik, iemand om voedsel te voorsien en seker te maak hy bad / trek aan / oorleef. Mag nie meer self bestuur nie (sedert hy 14 jaar gelede in 'n motorongeluk erg beseer is). Is blind in een oog, maar andersins in redelike goeie gesondheid...
Kry 'n padongelukfonds toelaag per maand, wat ook mediese uitgawes dek.
Sy jarelange vriend se gesondheid het erg verswak die laaste tyd (het onlangs 'n hartaanval gehad) en kan nie meer albei self versorg nie, dus moet ek (sy oudste broer) nou iets reel / 'n plan maak. Die vriend se kinders gaan na hom omsien in die toekoms.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageHandicap Expert

Dankie dat jy health24.com besoek het.

Ek stel voor dat jy jou naaste hospitaal of hospice kontak, aangesien hulle jou van inligting oor inrigtings in jou area sal kan verskaf. Jy kan ook jou munisipaliteit kontak - hulle behoort ook vir jou van inligting kan verskaf.

Daar is ook versorgers wat gehuur kan word deur agentskappe wat by die huis na hom kan omsien.

Sterkte en jammer dat ek nie van veel hulp is nie, maar is in Kaapstad gelee.

Groete



Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Rowajo | 2008/07/08

Dankie Dr Anrich.
Sal opvolg soos voorgestel.
Huidige krisis eers afgeweer (Hy is op die oomblik in die Strand in jul omgewing, en ek sal jul kan opspoor indien nodig.)
Ek kry maar eers in hierdie stadium info om dan te besluit wat (en waar) gaan die beste werk
Groete
Robert

Reply to Rowajo

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement