advertisement
Question
Posted by: Jenn | 2012/10/31

Sooibrand van Volgraan en saadbrode

Goeiedag doc

Nie seker of ek op hierdie forum moet vra nie. Ek het onlangs baie drastiese veranderinge in my eetpatroon gemaak. Ek was lief vir peusel aan chips en lekkers en het baie gaskoeldranke gedrink. Ons aandetes was redelik gesond so ek pas dit net soms aan dat dit vir my nie te swaar is vir so laat in die dag nie.

Ek maak vir my vir middagetes gewoonlik ''n toebroodjie met tuna of hoenderslaai op en sit dit op volgraan of saadbrood.

Ek is glad nie lief vir witbrood nie en eet net volgraan of saadbrood. Ek kom nou wel agter dat die brode my geweldige sooibrand gee. Ek het al probeer kyk of dit nie die vulsels is nie maar selfs as ek net botter of iets lig op die broodjie sit dan kry ek sooibrand.

Ek gebruik niks daarvoor nie en deur die dag verdwyn dit, so ek gaan net aan.

Ek wil nie graag die brood los nie want ek kort iets vullend om my te keer om nie te peusel nie. Ek eet wel vrugte en groente as peuselkos maar het nogsteeds ''n vullende middagete nodig.

Kan die sooibrand skade verrig? Ek wil nie permanent meds daarvoor vat nie maar wil dit ook nie los as dit later skade gaan aanrig nie. Ek weet ook nie wat kan ek in die plek van die brood gebruik nie aangesien dit my lekker vol maak.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Jenn
Dit is goed om te hoor dat jy besig is om jou dieetinname te verbeter. Dit is besonder bemoedigend dat jy nou skyfies, lekkers en gaskoeldranke vermy - ek voorspel dat jy gaan gewig verloor! Maar nou die probleem met die brode wat vir jou sooibrand gee. Dit kan moontlik een van die baie bestanddele wat deesdae in brood gebruik word, wees wat die sooibrand veroorsaak - bv die sojameel, of die semels, of die preserveermiddel of selfs die vitamiene of minerale wat bygevoeg word. Ek kan net voorstel dat jy 'n ander soort brood soos rogbrood probeer vir 'n week om te sien of dit ook vir jou sooibrand gee. Sooibrand dui op oormatige produksie van maagsuur wat deur die volgende gestimuleer word: a) Stres en spanning, b) sekere kosse, c) oormatige inname van speserye of kafeïen of rook (?), d) Maagswere of GORD (gastroësofageale reflukssiekte). Dit mag miskien goed wees om 'n mediese ondersoek te laat doen sodat die doktor kan uitvind hoekom jy so dikwels aan sooibrand ly. Indien dit slegs deur kosse veroorsaak word, dan sal jy die kosse moet identifiseer en dit ongelukkig vermy.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012/10/31

Beste Jenn
Dit is goed om te hoor dat jy besig is om jou dieetinname te verbeter. Dit is besonder bemoedigend dat jy nou skyfies, lekkers en gaskoeldranke vermy - ek voorspel dat jy gaan gewig verloor! Maar nou die probleem met die brode wat vir jou sooibrand gee. Dit kan moontlik een van die baie bestanddele wat deesdae in brood gebruik word, wees wat die sooibrand veroorsaak - bv die sojameel, of die semels, of die preserveermiddel of selfs die vitamiene of minerale wat bygevoeg word. Ek kan net voorstel dat jy 'n ander soort brood soos rogbrood probeer vir 'n week om te sien of dit ook vir jou sooibrand gee. Sooibrand dui op oormatige produksie van maagsuur wat deur die volgende gestimuleer word: a) Stres en spanning, b) sekere kosse, c) oormatige inname van speserye of kafeïen of rook (?), d) Maagswere of GORD (gastroësofageale reflukssiekte). Dit mag miskien goed wees om 'n mediese ondersoek te laat doen sodat die doktor kan uitvind hoekom jy so dikwels aan sooibrand ly. Indien dit slegs deur kosse veroorsaak word, dan sal jy die kosse moet identifiseer en dit ongelukkig vermy.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement