advertisement
Question
Posted by: dorothy | 2008/07/30

Sonar tiroied

ek het ' n jaar gelede gegaan vir ' n op om nodulere te verwyder in my keel. Dit was verwyder en daar is gese dit sal nie weer terug kom nie. ' n jaar en vyf maande en ek sit weer met dieselfde probleem. Die nodulere voorkoms is duidelik regs en links sigbaar. In die gebied links lateraal meet die nodule en wel posterior 12.9 op dielaterale oppervlakte links meet die nodule 11.9 Die istmus is verdik. In die gebied van die regter tiroied word etlike klein nodulere areas gesien waarvan die grootte 8.1 op die posterior aspek meet. Op die regter laterale oppervlakte is ' n nodule van 9.4cm . Hierdie beelde pas by kolloiede nodules met tekens van sentrale afbraak.

Ek het ' n baie grote gehad van 15.0 wat blykbaar gelos was en geseel was dat dit nie weer kan groei nie en daar was niks oor nie hoekom kom dit weer? Dit belemmer die vloei van bloed na my kop toe ek was al verskeikere opgeneem vir baie vinnige hartkloppings en ek voel ' n tou om my nek en baie kere duiselig naar en keelseer ek sluk swaar en soms stik ek.

Kan u my asb meer vertel van dit. Wat moet ek doen moet ek weer laat sny of dit net los en kyk wat gebeur. Asb jou raad sal waardeer word.

Dot

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Dorothy
Jy het waarskynlik 'n multinodulere kropgeswel (goiter). Miskien moet jy maar 'n spesialis gaan sien, gewoonlik word daar met radioaktiewe jodium gekyk of daar enige "koue" nodules is ( reageer nie op jodium nie en is risiko vir kanker). Hulle kyk ook of die skildklier oor of onderaktief is met bloed toetse. Mens hoef nie die skildklier te verwyder vir 'n goiter nie maar as dit simptome gee soos benoudheid en drukking op omliggende strukture is dit dalk aangedui. Kolloide nodules is kliertjies in die skildklier wat tiroiedhormoon maak en dit dan opgaar.
Sien http://www.patient.co.uk/showdoc/27000670/
Oorsake kan wees jodium tekort, of outo immune siekte ( jy maak antiligaampies teen jouself) of virus infeksies.
Die besluit of geopereer hang af van of dit 'n risiko van kanker het, of dit ooraktief is, en of dit jou pla - kosmeties of andersins.
As hulle dit verwyder sal jy vir die res van jou lewe skildklierpilletjies moet drink.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: T DE LANGE | 2008/10/01

wat is nog simptome van onder aktiewe skildklier, ek het ' n probleem met my voete wat kol kol plekke maak war die vel afgaan? My vel baie droog, behalwe gesig en hare.

Reply to T DE LANGE
Posted by: SWG | 2008/08/04

ek het ook ' n multi nodulere teroied gehad (al van skool dae af) en na my tweede operasie om die nodules te verwyder omdat dit my asemhaal en sluk belemer het is ek op eltroxin wat die teroied onderdruk. Ek ket net ' n klein stukkie oor. So ver het ek nog geen ander nodules ondervind nie en dis nou al ses jaar. sterkte!

ns: die doktor wou nie regtig ' m tweede keeer opereer nie en het ook toe eltroxin probeer om die nodules te onderdruk. die stukkie teroied wat ek het funktioneer 100%.

kry die beste doktor moontlik om jou te help om ' n besuit te maak.

Reply to SWG

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement