advertisement
Question
Posted by: Anony | 2010/03/16

sonar

goeie dag dokter,

ek is effens bekommerd oor iets wat ek op ''n sonar scan gesien het.

Ek het so 2 weke terug gegaan vir ''n gastroscopy. Die dok het eers ''n sonar gedoen en alhoewel sy skerm baie donker was en ek nie regtig verstaan wat daar aangaan nie maar is ek bekommerd

Ek is nie seker hoe om dit te verduidelik, ''n sonar het mos normaalweg ''n halwe sirkel heel aan die bokant en dan loop dit skuins uit aan die kante, net onder daardie halwe sirkel het ek die swart ronde kol gesien, die dokter was op daardie staduim besig aan die onderkant van my maag tussen die heup bene min of meer in die middel van my heup bene.

Die dokter het ook die swart ronde kol gesien(wat redelik groot was) op dit gestop en toe vir my gevra of ek baie seer het, ek het onseker ja geantwoord want ek nie seker was van watse tipe pyn hy praat nie en hy het toe verder niks gese

ek het pyn in my linker sy en in my maag aan die onder kant, waar die dok gekyk het so in die middel van die twee heup bene die pyn kom wanneer ek klaar ge urineer het en ook wanneer ek strek. ek het nou al vir ''n rukkie lank lae rug pyn dit is asof my lae rug lam is die hele dag lank en as ek vanaand gaan le op die bed is dit erger dis dan asof dit ''n soort van steek pyne in my lae rug is, ek het aanvanklik gedink dit is blaas en nier infeksie, ek het antibiotika vir dit gebruik, die antibiotika is nou al vir 2 dae klaar en dit is nog presies dieselfde.

Jammer oor die lang verduideliking maar dit is al hoe ek weet om dit te verduidelik, is ek bekommerd oor niks? of is dit moontlik iets

Byvoorbaat dank

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Anony
Kan jy dalk die sonar verslag vir my in die hande kry? Die swart kol kon net jou blaas gewees het? As jy vroulik is dink ek jy moet dalk ook 'n goeie gyne ondersoek kry want jy kan dalk 'n ovariele sist of infeksie in die vrouedele hê met jou simptome as die urine skoon toets.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Keen | 2010/03/16

Dis heelwaarskynlik jou blaas wat gewys het op die sonar. Ek het dit ook gehad en die radioloog het vir my gesê  dat die blaas en galblaas as donker swart kolle opwys op die sonar. As jy onseker is, kan jy gerus die radioloog -|- ak en vra wat presies daai kol was. Glo my, as dit enigsins iets abnormaal was sou die radioloog dit gesien het en die dokter in kennis gestel het.

Reply to Keen
Posted by: cyberdoc | 2010/03/16

Hallo Anony
Kan jy dalk die sonar verslag vir my in die hande kry? Die swart kol kon net jou blaas gewees het? As jy vroulik is dink ek jy moet dalk ook 'n goeie gyne ondersoek kry want jy kan dalk 'n ovariele sist of infeksie in die vrouedele hê met jou simptome as die urine skoon toets.
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement