advertisement
Question
Posted by: Dave | 2009/03/05

Son skade

Hallo Dr. Bets...

Die afgelope 5 of 6 jaar groei daar somtyds ' n verharding(tjie) tussen my linkerooghoek en haarlyn. Dit is eintlik heel onopsigtelik.
Somtyds sê  ek, want sowat 18 maandeliks word dit deur die arts weggebrand. Hy het my ook al verseker dat ek nie daaroor bekommerd hoef te wees nie.

Sowat twee maande gelede het ek dit weer (met my vingers) gevoel groei. Twee weke gelede het ek, na ' n lang aflegging, weer begin roei. En sowat drie ure (tot en met 12 uur) in die son gewees. Lekker rooi uit die see gekom en ' Burnshield'  vir dievolgende paar dae gebruik. Geen vel op my gesig verloor nie behalwe, en dit komkommer my, die verharding (kan nie onthou wat die mediese term daarvoor is nie:-) het ' n *oop wond geword en bloed op my kussing gelaat. ' n Roof gevorm en dit is besig om binne enkele dae kompleet te genees. Dit genees so mooi dat daar nie eens ' n merk gaan wees nie. Maar daardie verharding(tjie) is kompleet weg. Dit is gewoonlik kleiner in oppervlak as my pinkie se nael. Nou het die son dit weg gebrand, en die eerste dokter wat dit behandel het, het dit ' son skade'  genoem. Is ek onnodig bekommerd daaroor of sou jy my aanraai om tog een af ander laboratorium toets te laat doen?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Dave
Dit is waarskynlik sonskade (solar keratosis). Maar daar kan kanker in so plekkie ontstaan, so hou dit maar mooi dop. Google bietjie prentjies van velkanker wat gevaarlik kan wees dat jy kan weet hoe lyk dit: basal cell carcinoma, melanoma.
Gevaartekens is iets wat nie wil gesond word nie, 'n ronde (gerolde) rand, en pigmentasie in die letsel

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Dave | 2009/03/06


Dankie Dok Bets. Dit beteken dus dat ek nie hoef bekommerd te wees nie, want dit genees merkloos. ' n Klein rofie oor na ' n paar dae.
Baie dankie ook vir die verduideliking dat ek dit moet dophou.
Ek sal Google en myself ingelig hou.

Dankie nogmaals.

Reply to Dave

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement