advertisement
Question
Posted by: Sonja | 2009/06/19

Soja produkte

Is soja melk gesonder as gewone melk? As ' n mens ' n sensitiewe dikderm het sal dit beter wees om soja produkte te gebruik?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Sonja
Beide lae-vet koeimelk en sojamelk (as dit met kalsium verryk is), is uitstekende kosse en ewe gesond. As jy aan prikkelbare dermsindroom (PDS) ly dan is dit nie te se dat sojaprodukte beter met jou gaan akkordeer as gewone melk nie. Die een probleem met alle sojaprodukte is dat dit geneig is om winderigheid te veroorsaak en dit is iets wat potensieel jou PDS kan vererger. As jy 'n egte melkallergie het, dan sal jy sojaprodukte wel beter verdra, maar jy sal jou moet laat toets om uit te vind of jy wel allergies is, al dan nie. Indien jy begin om sojamelk te gebruik, maak net seker dat dit ten minste 1 mg kalsium per ml bevat soos gewone melk andersins moet jy 'n kalsiumaanvulling gebruik.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement