advertisement
Question
Posted by: Lizzy | 2010/10/05

Soetgoed

Hallo Doc.

My man eet verskriklik soetgoed, elke dag. So baie dat dit my soms verstom. Dit maak nie saak hoeveel sjokolade en blikke kondensmelk hy eet nie, sy lus vir soetgoed word nie bevredig nie. Hy kan maklik elke aand ''n 200gr blok sjokolade eet, en dan soek hy nog soetgoed.
Wat kan dit beteken? Moet hy dalk sy insullien weerstandigheid laat toets?

Dankie vir die hulp!
Lekker werk

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Lizzy
Dankie vir die goeie wense. Sulke onbeheersde innames van sjokolade kan moontlik dui op insulienweerstandigheid en dit is miskien 'n goeie idee om jou man te oorreed om 'n geneesheer te spreek hieroor. Indien daar geen fout met jou man se glukose- en insulienvlakke is nie, dan is dit miskien 'n gebrek aan serotonien in die brein. Serotonien is 'n chemiese stof wat in die brein voorkom en mens goed en opgeruimd laat voel. 'n Gebrek aan serotonien kan lei tot depressie. Inname van suiker en ander koolhidrate soos sjokolade, en ook proteïene kan die serotonienvlakke in die brein verhoog en die persoon laat beter en meer positief voel. Soms word die eet van suiker, lekkers en sjokolade as "self-medikasie" vir 'n gebrek aan serotonien genoem. Die gedrag van jou man kan egter ook net die resultaat wees van aangeleerde gedrag. Miskien het hy begin met klein hoeveelhede sjokolade en al hoe meer begin eet. Daarbenewens bevat sjokolade ook nog stowwe soos fenieletielamien wat verslawend is! Begin met die dr en as dit nie 'n uitslag gee nie, probeer dan jou man aanmoedig om sy inname stadig, maar seker, te verminder aangesien sjokolade in klein hoeveelhede vir die gesondheid goed is, maar in sulke enorme hoeveelhede is die hoë vetinhoud baie sleg vir mens se hart en gewig.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2010/10/05

Beste Lizzy
Dankie vir die goeie wense. Sulke onbeheersde innames van sjokolade kan moontlik dui op insulienweerstandigheid en dit is miskien 'n goeie idee om jou man te oorreed om 'n geneesheer te spreek hieroor. Indien daar geen fout met jou man se glukose- en insulienvlakke is nie, dan is dit miskien 'n gebrek aan serotonien in die brein. Serotonien is 'n chemiese stof wat in die brein voorkom en mens goed en opgeruimd laat voel. 'n Gebrek aan serotonien kan lei tot depressie. Inname van suiker en ander koolhidrate soos sjokolade, en ook proteïene kan die serotonienvlakke in die brein verhoog en die persoon laat beter en meer positief voel. Soms word die eet van suiker, lekkers en sjokolade as "self-medikasie" vir 'n gebrek aan serotonien genoem. Die gedrag van jou man kan egter ook net die resultaat wees van aangeleerde gedrag. Miskien het hy begin met klein hoeveelhede sjokolade en al hoe meer begin eet. Daarbenewens bevat sjokolade ook nog stowwe soos fenieletielamien wat verslawend is! Begin met die dr en as dit nie 'n uitslag gee nie, probeer dan jou man aanmoedig om sy inname stadig, maar seker, te verminder aangesien sjokolade in klein hoeveelhede vir die gesondheid goed is, maar in sulke enorme hoeveelhede is die hoë vetinhoud baie sleg vir mens se hart en gewig.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.