advertisement
Question
Posted by: Mandy | 2010/08/18

Soetgoed

Ek wil net asb weet wat is fout as mens die heeltyd net soetgoed wil eet. Ek raak nie eers meer versadig van kos nie. Ek het omtrent 25 kg wat ek moet verloor en ek weet nie hoe gaan ek dit reg kry nie want ek bly net honger en dink heeltyd aan kos. Help asb!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Mandy
Daar is verskeie redes hoekom mense verslaaf raak aan soet kosse: 1) Die soet smaak is die mees dominante smaak wat ons kan gewaar; 2) Mense leer die gewoonte aan om soet kosse te eet; 3) Soet kosse word van kleins af gebruik as vertroosting en wanneer mens dan volwasse is, bly die assosiasie dat soet kos jou kan 'troos' (sielkundige prikkel); 4) Lae serotonienvlakke in die brein wat mens laat depressief voel, word verhoog deur koolhidrate en suiker (soort van self-medikasie); 5)As jou dieet te min koolhidrate bevat om aan jou energiebehoeftes te voorsien, sal jy konstant wil soet kosse eet. Ek sal voorstel dat jy 'n lae-vet, lae-glisemiese indeks (GI) dieet en oefening gebruik om die 25 kg te verloor. Omdat hierdie dieet aanvanklik bietjie moeilik is om toe te pas, raai ek aan dat jy 'n geregistreerde dieetkundige spreek Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en kliek op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2010/08/18

Beste Mandy
Daar is verskeie redes hoekom mense verslaaf raak aan soet kosse: 1) Die soet smaak is die mees dominante smaak wat ons kan gewaar; 2) Mense leer die gewoonte aan om soet kosse te eet; 3) Soet kosse word van kleins af gebruik as vertroosting en wanneer mens dan volwasse is, bly die assosiasie dat soet kos jou kan 'troos' (sielkundige prikkel); 4) Lae serotonienvlakke in die brein wat mens laat depressief voel, word verhoog deur koolhidrate en suiker (soort van self-medikasie); 5)As jou dieet te min koolhidrate bevat om aan jou energiebehoeftes te voorsien, sal jy konstant wil soet kosse eet. Ek sal voorstel dat jy 'n lae-vet, lae-glisemiese indeks (GI) dieet en oefening gebruik om die 25 kg te verloor. Omdat hierdie dieet aanvanklik bietjie moeilik is om toe te pas, raai ek aan dat jy 'n geregistreerde dieetkundige spreek Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en kliek op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.