advertisement
Question
Posted by: susan | 2011/04/29

soek raad tusen al di dieete

hi dalk is hierdie n baie weird vraag mar ek het n vriendin wat aan al di nonsens dieet glo soos jou bloedgroep. En ook waar jy gewig wil verloor moet jy verskilende dieet? ek wil net weet of dit rerig nonsens is????
ek moet gewig verloor mar ek dink ni ek eet so ongesond ni, kry nou wel ni my 5 n dag in nie, mar met n man wat niks daarvan wil weet word my kos net sleg voor ek dit kan opgebruik. mar ek eet glad ni vetterige kos, behalwe di een keer n week as ons take away kry, mar ek probeer soms vi n gesonder opsie. Probeer om ook glad ni quick meals te eet, met dit bedoel ek di wat jy in di winkel koop so ready pizza ready meals of suke goed...mar ek sukel nogsteeds om gewig te verloor.
ek ook gehoor as jy kolidrate uitsny verloor jy maar ek dog jy liggaam het suke goed nodig,,,ander vriendin van my het weer proteine uitgesny
Gee raad asb

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Susan
Ek is nie daarvan oortuig dat die bloedgroep-dieet op wetenskaplike beginsels gegrond is nie. Verder is dit wel waar dat mense wat al hul koolhidrate uitsny en net proteïene (vleis, vis, eiers, ens) eet, 'n hele klomp gewig sal verloor, maar min mense kan lank op so 'n ongebalanseerde dieet bly en sodra hulle dan weer begin 'normaal' eet, tel die meerderheid weer al die verlore gewig weer op. Die beste beginsel om gewig te verloor is om 'n gebalanseerde matig-energiebeperkte dieet te gebruik, wat al die voedselgroepe insluit en om jou energie-uitgawe met daaglikse oefening te verhoog. Ek sal dus voorstel dat jy 'n gebalanseerde, lae-vet, energie-ingekorte verslankingsdieet (klik op 'DietnFood' bo aan hierdie bladsy, dan op 'Healthy Diets' en dan op 'Slimming Diet' vir ‘n voorbeeld van so 'n dieet), en daaglikse oefening vir ten minste 30 min (touspring, fietsry, swem, gim, ens) gebruik om jou gewigsverlies aan te help. Dit is makliker om standaard kosse te gebruik waaraan mens gewoond is en wat al die voedingstowwe bevat wat vir goeie gesondheid nodig is, as om allerhande fopdiëte te probeer.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Jojo | 2011/05/06

Hi Susan
Ek is nie dietdoc nie, maar toe ek begin was ek ook so onfiks dat ek nie kon fiets ry nie maar hardloop nou al. Ek het begin duer te stap - 10 minute weg van die huis af dan 10 miute terug. Dis merkwaardig hoe vinnig jy dieselfde afstand binne korter tyd kan stap - sommer binne n week. Jy sal sien oor twee weke sal jy binne 10 minute verder kan stap. Hou so aan en dan later klim jy op jou fiets vir 10 minute, dan 15 dan 20. Sterkte. Ek het binne 6 maande 30 kg verloor deur meer en meer energie uit te gee om elke geleentheid 10 of 15 minute te stap en gesond te eet en baie water te drink. Probbeer hierdie drankie naby te hou voor jy eet - halwe duim gemmer (gekerf), sap van halwe suurlemoen, 1 eetlepel heuning. Laat die trek in n koppie kook water dan voeg jy 2 litre koue water by. Ek dra my bottel ooral saam. It keeps the hunger pangs at bay.

Reply to Jojo
Posted by: susan | 2011/05/04

is dit 30min aan mekaar wat ek is ni so fiks vir dit ni 5min op my oefenfiets dan wil ek al dood gaan?

Reply to susan
Posted by: DietDoc | 2011/04/29

Beste Susan
Ek is nie daarvan oortuig dat die bloedgroep-dieet op wetenskaplike beginsels gegrond is nie. Verder is dit wel waar dat mense wat al hul koolhidrate uitsny en net proteïene (vleis, vis, eiers, ens) eet, 'n hele klomp gewig sal verloor, maar min mense kan lank op so 'n ongebalanseerde dieet bly en sodra hulle dan weer begin 'normaal' eet, tel die meerderheid weer al die verlore gewig weer op. Die beste beginsel om gewig te verloor is om 'n gebalanseerde matig-energiebeperkte dieet te gebruik, wat al die voedselgroepe insluit en om jou energie-uitgawe met daaglikse oefening te verhoog. Ek sal dus voorstel dat jy 'n gebalanseerde, lae-vet, energie-ingekorte verslankingsdieet (klik op 'DietnFood' bo aan hierdie bladsy, dan op 'Healthy Diets' en dan op 'Slimming Diet' vir ‘n voorbeeld van so 'n dieet), en daaglikse oefening vir ten minste 30 min (touspring, fietsry, swem, gim, ens) gebruik om jou gewigsverlies aan te help. Dit is makliker om standaard kosse te gebruik waaraan mens gewoond is en wat al die voedingstowwe bevat wat vir goeie gesondheid nodig is, as om allerhande fopdiëte te probeer.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement