advertisement
Question
Posted by: Gesiggie | 2009-04-19

Soek hulp

Ek weet nie of ek met die regte tipe Dokter praat as ek my probleem vertel nie, maar help asb.
Ek is ' n ma van 2 pragtige kinders, nog jonk,33 maar ek is vir lank nie meer gelukkig getroud nie. My man is selfsugtig en humeurig en maak my hartseer en ek voel nogal alleen, selfs al is ek getroud al vir 10 jaar.

My bekommernis is dat ek somtyds selfmoor gedagtes kry - het genoeg gevaarlike medikasie in die huis om ' n behoorlike job te doen, maar ek wil nie dood nie, net gelukkig wees en ek hhet nie die guts om hom net te los en my kinders deur ' n egskeiding te sit nie, maar ek is al vir jare nie gelukkig en voel altyd siek en ek is verondersel om medikasie te drink omdat my Kolestorol hoog is maar dis asof ek op ' n self destruction uit is.

ek het niemand met wie ek hieroor kan gaan praat nie. Almal sal my veroordeel. maar vanaand voel ek weer hartseer en alleen.

ek dink nie daar is ' n pilletjie om te drink wat jou gaan help om weer die sin in die lewe sien nie...

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Gesiggie

Moet asseblief nie toelaat dat jou man jou tot selfmoord dryf nie. Jy is nog jonk en die lewe kan jou nog bitter baie bied. Dit voel dalk nou of daar geen uitweg is nie, maar sodra jy stappe gaan neem om die geluk wat jou toekom terug te eis, sal jy nie glo dat daar 'n tyd was wat jy wou opgee nie.

Wat is erger? Om jou kinders ma-loos agter te laat of om hulle deur 'n egskeiding te sit. Ongelukkig is dit vir kinders traumaties as hulle ouers skei, maar op die ou end is hulle beter af om 'n gelukkige enkel ouer te he as ouers wat heeltyd baklei of om in 'n konstante ongelukkige omgewing te wees.

Begin vandag om jou lewe en geluk terug te vat. Konsulteer 'n psigiater wat jou sal kan help om die nodige selfvertroue te kry om die nodige aksies te kan neem om weer gelukkig te kan wees. Indien jy nie die drastiese stap wil neem van 'n egskeiding nie, stel ek voor dat jy ook raad kry om die situasie te hanteer.

Groete en sterkte



Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement