advertisement
Question
Posted by: anoniem | 2012/04/05

so moeg

Ek dink nie meer Jesus ken my nie, ek was lanklaas in die Kerk en ek bid ook nie meer rê rig nie, hoekom sal U my vra, ek weet nie meer nie, Jesus alles word net te veel vir my, dit voel of almal my verstoot en niemand rê rig vir my omgee nie. Ek is so alleen Jesus. Klink pateties nè . Ek dink nie meer ek glo in U nie Jesus, hoe kan U van enige iemand verwag om in U te glo as mens U nooit sien nie, hoe regverdig is dit? My lewe is besig om uitmekaar te val Jesus en U kyk soos gewoonlik weer ander pad, U weet van al die seer hierbinne my maar ek is maar net nog & #329  nommer soos oral. Hoekom het U my & #329  man gegee wat my altyd dreig om nie huis toe te kom as ons stry nie, U weet in watter huis het ek groot geword. Ek het nooit daardie gerustheid in my nie, dit is altyd asof iets my jaag, al die onsekerheid, die minderwaardigheid gevoel, die aaklige kinderlewe wat U besluit het moet my te beurt val. Al waarvoor ek dankbaar is, is my kinders, maar tot hul is besig om hul ma te haat. Is ek so slegte mens, so onaanvaarbaar, is ek regtig so erg Jesus, dat ek almal van my wegstoot. Ek dink ek ken die antwoord Jesus, dit is JA want tot ek haat myself, ek wil nie meer lewe nie, al lankal nie meer nie, neem my asseblief weg van hierdie aarde af of gee my die moed om myself uit die samelewing te verwyder want ek is tog van geen nut nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Helpful responses so far. You sound depressed ( check that with a doc, as you may find proper treatment of the depression also helps you to refresh your spiritual faith and sense of connectedness. And do see a spiritual advisor within your usual church, to discuss your spiritual doubts and concerns.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

5
Our users say:
Posted by: Ri | 2012/04/10

Hi Anoniem, ek het ook n moeilike kinderlewe gehad, ek was in verhoudings wat ook nie gewerk het nie, ek is alleen vandag en wens dat ek ook lief kan he en liefde ontvang, ook bang en onseker oor die lewe...MAAR...ek kan getuig my God Onse Vader ...het nog altyd vir my gesorg...ek kan nie onthou hoe ek vir my ouer kinders elke dag versorg het nie, Hy sit Engele op jou pad wat help...gaan op jou kniee en bely....EK HET HULP NODIG OM HEEL TE WORD... ek sing altyd die liedtjie Die Here is my Herder as dinge te veel raak...en dan kom die rustigheid...ek kan getuig...hy is lief vir jou onthou!!!!

Reply to Ri
Posted by: al | 2012/04/07

Jesus het nie ''n slegte man vir jou gegee nie. Jy het homself gekies ongelukkig.

Reply to al
Posted by: Andre | 2012/04/06

Jesus ken jou, Hy het jou gemaak, dit is jy wat HOM nie ken nie

Dis omdat jy op jou eie krag staatmaak en nie in Jesus glo nie, en glo my, Hy kyk nie ander kant toe soos mjy se nie, Hy wag met ope arms vir jou.

Alles wat jy doen het gevolge, maar die is die satan se manier om jou aan te val en een van sy beste tricks om jou in jouself te laat twyfel, so dan doen jy sy werk vir hom.

ek het self die pad geloop, en ek weet hoe jy voel (was te vroeg gebore, ma is vroeg dood, geen vriende, liefde ens), en laat ek jou se, dit is altyd die donkerste net voor die son opkom.

Gaan kerk toe, bely jou sonde, bely dat jy swak is en Hom nodig het, dat Hy die enigste een is wat jou kan help, EN WILL HELP.

Sit alles in Sy hande, en glo dat Hy jou sal help soos net Hy kan
Moenie vir God se hoe grott jou probleme is nie, se vir jou probleme hoe groot God is.

Jesus sal jou nooit verwerp nie, HY het tog gesterf vir ons ALMAL se sondes, selfs die wat teenoor jou sondig.

en onthou die.....

wanneer dinge so is soos jy se dit is, dit is Jesus wat jou roep, jy moet stil staan, omdraai en luister

TREK NADER AAN GOD EN HY SAL NADER WEES AAN JOU!!!

Reply to Andre
Posted by: Phil | 2012/04/06

Nee man, stop dit!
Gebruik al die emosies om jou lewe om te draai? Jou lewe, en die toekoms is in JOU hande, en as jy dit wil verander SAL Jesus jou help. Maar JY moet die eerste stap vat. Ek weet van baie mense wat ''nlelike verlede gehad het. Ek persoonlik, gebruik my verlede om seker te maak ek doen dit anders. Kom nou, jy kan! Daai donker gevoel wat jy nou het, is nie lekker nie. Maar net JY kan die oorwin. Dit vat tyd, maar alles begin by JOU!

Reply to Phil
Posted by: cybershrink | 2012/04/06

Helpful responses so far. You sound depressed ( check that with a doc, as you may find proper treatment of the depression also helps you to refresh your spiritual faith and sense of connectedness. And do see a spiritual advisor within your usual church, to discuss your spiritual doubts and concerns.

Reply to cybershrink

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement