advertisement
Question
Posted by: Noenoe | 2010/08/16

Snork probleem..

Hallo daar..

Ek soek asb raad en hulp wat so gou moontlik sal kan werk sodat ons beter slaap kan geniet..
Om by ''n Spesialis uit te kom gaan tyd vat en is ''n langtermyn oplossing..
Sover ek weet is hier nie van die Spesialiste waar jy gaan oornag sodat hulle jou slaap patroon kan dop hou nie..?
Bly in Welkom in die Vrystaat..

SOEK ASB VINNIGE OPLOSSING INDIEN MOONTLIK VIR DIE VOLGENDE..

Ek is vroulik en snork ek saans my man en soms myself wakker..!

Gewoonlik vra my Man dat ek om draai..maar ek snork nou selfs wanneer ek op my regter kant le..my kant waar ek gewoonlik nie snork nie.

Ek weet ek het die gewoonte om my kop af te buig en probeer ek nou om my nek reguit te hou wanneer ek slaap.

Ek dink ek druk my tong teen my verhemelte vas en wanneer ek dan die lug deur my neus stoot dan maak dit die geluid soos ''n wildebees..

Die gevolg is dat nie een van ons twee lekker slaap nie..en is my boonste ooglede soggens " puffy"  en ek het ook " uiltje ogies" ..dit is donker ringe onder my oe..!

Watter maniere kan ek probeer wat sal werk..?
VRAAG 1..
Op 2x kussings slaap..?

VRAAG 2..
Is daar iets wat werk sonder om ''n slaap spesialis te gaan sien..?
Want my Man se dit is wel die " wildebees"  geluid wat ek maak
as ek slaap en ek kan dit ook doen as ek wakker is en my tong
in my verhemelte vas druk en die lug deur my neus stoot..?

VRAAG 3..
Kan slaap pille dit vererger..?
Ons drink elk saans 6uur ''n halwe SOMNIL omdat ons nag mens is en soms nie voor middernag kamer toe gaan nie..en ons wekker gaan 5uur af..
So ons drink dit net sodat ons vroeer moeg raak..

VRAAG 4..
Werk die kussings wat hulle verkoop sodat mens nie snork nie
regtig..?

VRAAG 5..
Kan sinus ''n rol daarin speel..?

Hoop om gou ''n oplossing hiervoor te kry want my Man glo nie daarin dat ons in verskillende kamers slaap nie en hy kry baie " call outs"  vir sy werk en het ''n goeie nagrus nodig wanneer hy slaap..

Baie dankie vir die tyd om my brief te lees..

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageSleep Expert

Indien dit do erg is, sal kussings nie help nie. Sinus speel waarskynlik 'n minimale rol. Slaappille kan soms die ding vererger.

Gewigsverlies help soms, maar is besonder moeilik.

Maar nee, ek dink nie daar is 'n goeie opsie anders om by 'n slaaplaboratorium uit te kom nie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Sleep expert | 2010/08/16

Indien dit do erg is, sal kussings nie help nie. Sinus speel waarskynlik 'n minimale rol. Slaappille kan soms die ding vererger.

Gewigsverlies help soms, maar is besonder moeilik.

Maar nee, ek dink nie daar is 'n goeie opsie anders om by 'n slaaplaboratorium uit te kom nie.

Reply to Sleep expert

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement