advertisement
Question
Posted by: cindy | 2012/02/01

snack aandtyd

Hi Dok, Ek verwys na u antwoord wat u gegee het oor my eetplan wat soos volg is:
Oggend: weetbix met lowfat melk en titsel suiker
snack: piesang, appel of peer
Middagete: klein stukkie vleis/hoender en baie opgekookte groente bv butternut, gemendge groente, mielie, aartappel patat en dan so slaaitjie daarby soos beet.
Snack: selfde as bo
Aand: omtrent selfde as middagete net minder
Baie dankie vir u raad en ek probeer laevet melk/ yougurt/maaskaas byvoeg. Dok ek het ook gehoor dat jy saam ''n vrug ''n protien moet inkry. iets met die GI indeks te doen? Maar ek moet sê  vandag het ek ''n halwe koppie laevet melk saam my peer gehad en dit het my goed vesadig gehou, toe ek nou 12uur my middag-ete moes eet was ek nie juis honger nie. Dok ek het mos gevra oor die popcorn en u het gesê  nie so goeie idee nie, wat kan ek byvoeg by die plan en nogsteeds gewig verloor? Ek peusel maar aan so 4 provitas met bovril is dit ok? Ek stap ook flink vir so 25min (maar doen dit nie oor naweke nie) Dankie vir u raad en tyd.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Cindy
Dankie dat jy teruggekom het, aangesien ek nogal verward was oor die 2 name en die 2 beskrywings wat soortgelyk was. Die storie van die proteien is wel waar, aangesien proteien-ryke kosse die liggaam se bloedsuiker en -insulienvlakke bestendig hou wat dan ook bydra tot gewigsverlies en voorkoming van kosdrange ("cravings") wat verslanking maklik kan dwarsboom. Lae-vet of selfs vet-vrye melk, jogurt of maaskaas, is nogal nuttige proteïenkosse aangesien dit goed smaak saam met vrugte, rou groente en hoë-vesel beskuitjies. Die bogenoemde proteïenkosse is ook laag in vet en ryk aan kalsium, dus is dit ideaal indien jy 3 porsies per dag by 'n verslankingsdieet insluit. Wat die "popcorn" (springmielies) aanbetref, kan jy wel klein porsies eet (ongeveer 30g), maar ek sal nie 2 koppies op 'n dag eet nie. Mens moet onthou dat alle kosse die potensiaal het om vet te maak indien mens te veel daarvan eet. Die ProVitas met Bovril behoort 'n alternatief vir die 2 koppies springmielies te wees en ook sout smaak.
Hou aan met die oefening want dit het 'n baie positiewe effek op verslanking.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: cindy | 2012/02/02

Dankie dok ek waardeer u raad. Dankie Annemarie ek sal die beskuit probeer maar ek het meer ''n sout-lus. Ek het reeds 2kg hierdie 2 weke verloor dus sal ek aanhou hoe ek nou eet. My bord is helfte groente, driekwart of minder vleis/hoender en komkommer. Dankie!

Reply to cindy
Posted by: Annemarie | 2012/02/02

Hi Cindy

Nog n lekker peuselhappie vir later die aand is n low gi beskuit. Dit is net Bokomo wat dit maak.

Ek doen die low gi dieet en die dieetkundige het gese ek moet versigtig wees vir mielies,pampoen, butternut, ertjies en gemengde. Groente en aartappel omdat dit onder n stysel val. Al wat ek probeer se is as jy stysel eet moenie te veel van die groent saam dit eet nie.

Reply to Annemarie
Posted by: DietDoc | 2012/02/01

Beste Cindy
Dankie dat jy teruggekom het, aangesien ek nogal verward was oor die 2 name en die 2 beskrywings wat soortgelyk was. Die storie van die proteien is wel waar, aangesien proteien-ryke kosse die liggaam se bloedsuiker en -insulienvlakke bestendig hou wat dan ook bydra tot gewigsverlies en voorkoming van kosdrange ("cravings") wat verslanking maklik kan dwarsboom. Lae-vet of selfs vet-vrye melk, jogurt of maaskaas, is nogal nuttige proteïenkosse aangesien dit goed smaak saam met vrugte, rou groente en hoë-vesel beskuitjies. Die bogenoemde proteïenkosse is ook laag in vet en ryk aan kalsium, dus is dit ideaal indien jy 3 porsies per dag by 'n verslankingsdieet insluit. Wat die "popcorn" (springmielies) aanbetref, kan jy wel klein porsies eet (ongeveer 30g), maar ek sal nie 2 koppies op 'n dag eet nie. Mens moet onthou dat alle kosse die potensiaal het om vet te maak indien mens te veel daarvan eet. Die ProVitas met Bovril behoort 'n alternatief vir die 2 koppies springmielies te wees en ook sout smaak.
Hou aan met die oefening want dit het 'n baie positiewe effek op verslanking.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement