advertisement
Question
Posted by: Willem | 2009-08-26

Snaakse gevoel onder my arms

Hello Dr Bets,
Ek het so drie dae terug ook die vraag gevra en Dr Anrich het aanbeveel ek gaan vir MRI van die nek.
Ek het van so paar dae terug ‘ n onverklaarbare dom, lammerige pyn gevoel begin ervaar wat onder beide my armholtes begin en amper “ kruip”  na my voorarms. Dit voel kompleet of iets in my armholtes geswel is, maar na vele kere se kyk en voel is ek seker daar is geen klier wat geswel is nie. Van gister af is dit baie beter en amper heel weg. Ek het gisteraand wakker geword en ek het my regter arm liederlik verslaap, soveel so dat ek amper geen beheer daaroor gehad het nie. Was vinnig weer reg nadat ek dit bietjie beweeg het, maar nou is dit weer vandag van voor af dieselfde lam-dowwe-pyn gevoel. Die linker arm is reg.
Ek drink albendasool al vir die afgelope 6 maande (het Maandag my laaste pille gedrink) vir ‘ n egginokukkus sist in die lewer en my dr het gesê  omdat die ABZ witbloedsel vorming inhibeer moet ek maar gereeld bloed toets (het so ‘ n maand laas laat toets –  alles was ok). Hy het ook gesê  die ABZ doen partykeer snaakse goed met mens se lyf, soos infeksies wat makliker gebeur ens. Kan dit wees dat dit dalk iets in my ledemate bv armholte kwaad maak soos ‘ n klein infeksie of die limf sisteem begin irriteer?
Dink dok ek moet eerder maar my kwak gaan sien of kan ek so ‘ n week of wat wag en kyk wat gebeur met die regter arm? Ek is al die jaar deur ' n hele paar dokters met die egginokokkus siste in my long en lewer en wil dit so half vermy as ek kan...? My mediese fonds spaarplan is ook nie meer so vergewens gesind nie :-)

Willem

Vir wat dit mag werd wees, ek het geen familie geskiedenis van allerhande nare sieketes soos hart, kanker, MS ens nie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Willem
Ek het gou gekyk, Albendazole het nie hierdie simptome as newe effekte nie. Dit kan wees dat jy 'n senuwee wortel in jou nek vasknyp en ek dink ek stem saam met Dr Anrich - sien liewer jou dokter vir 'n ondersoek en besluit of x/strale genoeg info sal gee en of 'n MRI nodig is ( want dit is mos maar flippen duur!)
http://www.rxlist.com/albenza-drug.htm
Ek dink nie die limfkliere sal sulke simptome gee nie - klink senuwee-rig vir my
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Marietjie Vosloo | 2009-11-02

Hello Dr.

Een van my identiese tweeling seuns was gediagnoseer met genoemde kanker op sy skedel. Hy was 18 jaar oud. Wat is die kans dat die ander broer dit ook kan kry?

Dankie vir die geleentheid om mediese vrae te vra.

Reply to Marietjie Vosloo

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement