advertisement
Question
Posted by: marlize | 2009-12-22

SNAAKSE GEDRAG

Tinkerbell (nou 2 jaar) - was eers ons dogter se hond, maar toe sy net so oor ' n jaar was besluit om my aan te neem as haar eienaar.
Katie (nou 9 mnde) - ons dogter kry weer ' n hond. Ons dogter trek uit die huis (weens omstandighede) en los Katie agter.
Die twee was goeie pelle. Hulle albei het by ons geslaap.
Ons dogter het verlede week huistoe gekom en kuier net hier tot Kersfees en gaan dan weer Krugersdorp toe waar sy bly.
Katie het ook lyk my nou na my gedraai. Sy sit by my, slaap by my al is Ilke by die huis. In die aand slaap sy wel by Ilke.
Van verlede week Donderdag (Ilke het Woensdag gekom) baklei die 2 geweldig. Tinkerbell grom so verskriklik dat sy eintlik begin bewe. Katie grom soms saam en het hul al in ' n paar gevegte beland.
Ek is raadop. Dit is amper soos kinders - in die geval kan ek sê  dat Tinkerbell Nr 1 is, maar dat ek Katie verskriklik jammer kry want sy kry nie die nodige aandag van ons dogter nie.

Kan ' n mens maar sê  dat dit jaloesie is? (nes kinders). Hoe gaan ek die probleem oplos? Ek is tans by die huis (skoolvakansie), maar begin weer werk as die skool begin. Ilke gaan na Kersfees weer huistoe. Sal die hele bakleiery ophou sodra ons weer " alleen"  is?

Groete

Marlize

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

Hallo Marlize

Dit gaan oor aandag en aansien. My raad sal wees om hulle soos honde te behandel en nie toe te laat op beddens en meubels nie. Die verskil in hoogte dra baie by tot jaloesie. Gee alr=tyd eers aandag en kos aan die dominante hond.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Cybervet | 2009-12-29

Hallo Marlize

Dit gaan oor aandag en aansien. My raad sal wees om hulle soos honde te behandel en nie toe te laat op beddens en meubels nie. Die verskil in hoogte dra baie by tot jaloesie. Gee alr=tyd eers aandag en kos aan die dominante hond.

Reply to Cybervet
Posted by: Chill | 2009-12-22

Die storietjie is maar ' n bietjie deurmekaar - dis nie juis duidelik wat daar aangaan nie.

Ek beveel aan dat jy jou veearts vra vir die naam van ' n hondegedragsdeskundige, wat sal kan help om sake uit te pluis.

Honde weet niks van menslike emosies soos jaloesie nie - hulle gedrag is op ander kriteria gebaseer, en julle sal moet leer hoe dit werk, om weer orde op sake te kan bring.

Reply to Chill

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement