advertisement
Question
Posted by: Willem | 2009-08-23

Snaaks gevoel onder arm holtes

H Dr,

Ek het so ' n snaakse gevoel onder beide my bo arms die laaste 5 of so dae. Ek het eers gedag my kliere is geswel in my arm holtes, maar daar is definitief geen, want ek het dit al ' n hele paar maal deurgevoel en ondersoek. Die gevoel is amper soos wanneer mens ' n hou gekry het reg op ' n senuwee onder die arm - so half ' n ligte, lam, ledemaat wat slaap gevoel. Kan dit ' n senuwee wees wat knyp iewers? En dit in beide arms?

Ek is 32 jaar oud en redelik fiks en gesond. Ek drink egter Zentel 400mg/dag al die afgelope 5 en ' n half maande al vir ' n egginokokkus sist in die lewer-moet 6 maande kursus voltooi (het nou nog so twee weke se pille oor). Kan die swaar dosis albendasool dalk nou my ledemate begin aantas? Die dokter het vir my gese die langtermyn gebruik van albendasool doen partykeer snaakse goed met jou lyf omdat dit die ontwikkeling van witbloed selle strem...

Willem

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Willem

Ek stel voor dat jy jou dokter konsulteer vir senuwee geleidings toetse in jou arms en 'n MRI van jou servikale (nek) werwels.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement