advertisement
Question
Posted by: LJ | 2011/04/28

smaak en reuk

Ek het 2 maande gelede opgehou rook sonder enige hulpmiddels(Pille ens). Voorheen was ek afhanklik van 2 soorte asma pompies, nl venteze en Novolizer. Maar vandat ek opgehou het met rook gebruik ek die pompies glad nie. Vandat ek opgehou het met rook kan ek nie ruik of proe nie. Wanneer ek verskillende parfuum ruik, kan ek nie een onderskei nie. Ek kan bv die verskil tussen soet en sout proe, maar kan nie onderskei tussen verskillende smake nie, bv as ek ''n stukkie sjokolade koek en wortelkoek eet, proe dit vir my dieselfde. Net soos as ek kook, ek maak die pampoen soet, maar kan nie proe of dit soet genoeg is nie. Dieselfde geld vir soutighede. Gaan my smaak en reuk darem een of ander tyd terugkeer? Is dit as gevolg van die rook wat ek gelos het?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo LJ
Om op te hou rook sal nie reukverlies (anosmia) veroorsaak nie. Rook, infeksies, skildklier probleme en sekere vitamien tekorte kan anosmia veroorsaak. Dit herstel gewoonlik vanself, maar dit mag nodig wees dat jou dokter jou ondersoek vir onderliggende sinusitis of ander moontlike oorsake.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2011/04/28

Hallo LJ
Om op te hou rook sal nie reukverlies (anosmia) veroorsaak nie. Rook, infeksies, skildklier probleme en sekere vitamien tekorte kan anosmia veroorsaak. Dit herstel gewoonlik vanself, maar dit mag nodig wees dat jou dokter jou ondersoek vir onderliggende sinusitis of ander moontlike oorsake.
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement