advertisement
Question
Posted by: Magdaleen | 2010/02/07

Slimming Solution Plus (Biomix)

Ek wil graag hoor wat u te se het oor die produk. Ek het dit op die internet gevind. Omrede ek skofte werk het dit my nogal lekker wakker gehou maar na 2 maande se gebruik het ek nierpyne begin kry en geen gewig verloor nie, het daarmee gestaak en weer eendag probeer toe begin die pyn weer binne uur terugkeer. Dit is nou in die drein af, maar sal wil weet wat u opinie is. Dit bevat 200mg Citrus aurantium wat ek gedink het die werk sal doen, maar het darem intussen begin slimmer geraak oor die goed, deur artikels van slim mense soos julle wat dit plaas. Net nog ' n vraag, dit lyk my die VSA doen vinniger navorsing oor hulle verslankingsmiddels wat op die mark kom. Hoekom gebeur dit nie hier nie, of moet mens dalk VSA se hulp inroep omrede die goed op die internet ook verkry kan word.

Wag spannend op u antwoord!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Magdaleen
Ek het nog nie 'n lys van die bestanddele van die Slimming Solution Plus, maar as jy sê dit bevat 200 mg Citrus aurantium dan kan ek verstaan hoekom jy so sleg gevoel het. Citrus aurantium bevat sinefrien wat soos sy farmakologiese eweknie epinefrien allerhande negatiewe newe-effekte kan veroorsaak (bewerasies, slaaploosheid, probleme met urinering, psigotiese episodes, en verslawing, om maar net 'n paar te noem). Ek sal dus niemand aanraai om hierdie produk te gebruik nie. Jy kan ook kyk op hierdie Webwerf wat die ander bestanddele aan mens doen. Klik op 'Diet' bo aan hierdie bladsy en dan op 'Weight loss' en 'Diet Detective'. Moontlik bevat dit ook 'n kruiemiddel wat as 'n diuretikum werk, wat bygedra het tot jou nierpyne. Die probleem met al hierdie nadelige verslankingsprodukte is dat ons in SA nie die mannekrag het om eerstens al die produkte op te spoor (daar verskyn immers ten minste 2 of meer van hierdie produkte elke week op die SA mark) en dan te toets en seker te maak dit nie weer in 'n ander vorm opdaag nie. Die VSA het baie meer mannekrag en geld vir hul wetenskaplike monitering beskikbaar. Hopelik sal ons eie Medisyne Beheerraad nou begin kyk na al hierdie fop-produkte.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Ernes | 2010/02/16

Ek dink nie wat julle se is heeltemal korek nie. die newe effekte wat genoem word, en deur epinefrien - waar kry jy jou fyte dock??? Jy wil seker praat van ephedrine. Citrus arantium se aktiewe bestandeel synpherine is soortgelyk aan ephedrine maar tog ook heelwat verskillind interme van die pharmalogiese werking in jou liggaam. Dit word reeds vir die laaste 15 jaar in duisende produkte wereld wyd gebruik en is `n wettige bestandeel !!!!! Die onlangse simply slim en ander produkte het sibutramine bevat S5 medikasie en onwettig sools hulle dit gebruik het. Ek en vriende het almal BiomiX: slimming Solution gebruik en niemand het enige van die newe effekte ervaar waarvan julle praat nie. Ek dink `n groot deel van die probleem is dat mense hulle " expert opinie"  wil lewer., maar self nie hulle fyte agtermekaar het nie. Ek doen al vir jare navorsing oor natuurlike bestandele en ek kan julle byde verseker dat daar geen veiliger effektiewe natuurlike bestandele is nie.

Ag kom nou Dock, as jy wil raad gee moet jou fyte en spellin darem ook reg wees, jy is immers darem `n profesionele persoon!!!

Reply to Ernes
Posted by: DietDoc | 2010/02/07

Beste Magdaleen
Ek het nog nie 'n lys van die bestanddele van die Slimming Solution Plus, maar as jy sê dit bevat 200 mg Citrus aurantium dan kan ek verstaan hoekom jy so sleg gevoel het. Citrus aurantium bevat sinefrien wat soos sy farmakologiese eweknie epinefrien allerhande negatiewe newe-effekte kan veroorsaak (bewerasies, slaaploosheid, probleme met urinering, psigotiese episodes, en verslawing, om maar net 'n paar te noem). Ek sal dus niemand aanraai om hierdie produk te gebruik nie. Jy kan ook kyk op hierdie Webwerf wat die ander bestanddele aan mens doen. Klik op 'Diet' bo aan hierdie bladsy en dan op 'Weight loss' en 'Diet Detective'. Moontlik bevat dit ook 'n kruiemiddel wat as 'n diuretikum werk, wat bygedra het tot jou nierpyne. Die probleem met al hierdie nadelige verslankingsprodukte is dat ons in SA nie die mannekrag het om eerstens al die produkte op te spoor (daar verskyn immers ten minste 2 of meer van hierdie produkte elke week op die SA mark) en dan te toets en seker te maak dit nie weer in 'n ander vorm opdaag nie. Die VSA het baie meer mannekrag en geld vir hul wetenskaplike monitering beskikbaar. Hopelik sal ons eie Medisyne Beheerraad nou begin kyk na al hierdie fop-produkte.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement