advertisement
Question
Posted by: Raadop | 2012-11-12

Slender Wonder vs Die dieet waarvan almal praat

Watter dieet werk die beste? Gee asb julle opinies... Is raadop, maar moet drasties n plan maak en sal dit graag n leefwyse wil maak eerder as n dieet.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Raadop
Ek is seker dat die ander Lesers vir jou van raad bedien. As dieetkundige kan ek nie een van die diete aanbeveel nie, veral as jy dit 'n leefwyse wil maak! Dit is belangrik dat die dieet wat jy kies vir jou verslanking wel 'n leefwyse kan word en daarvoor is dit uiters belangrik dat jy 'n gebalanseerde verslankingsdieet begin gebruik. Om gewig te verloor kan jy 'n lae-vet, hoë-vesel verslankingsdieet (kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en 'The right approach' en 'Slimming Diet') gebruik en sorg dat jy elke dag ten minste 30 min se aërobiese oefening doen. Dit is nie nodig om 'n gimnasium by te woon nie. Jy kan elke dag vir 30 min flink stap of touspring. Begin eers stadig met die stap en doen elke week meer soos jy sterker en fikser word.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Raadop | 2012-11-13

Baie dankie julle! Waardeer die terugvoering.

Reply to Raadop
Posted by: Anon | 2012-11-12

Hallo Raadop,

As jy ''n leefstyl daarvan wil maak, sal ek Weigh-Less aanbeveel. Ek het al baie dieete probeer, en WL is verseker die mees volhoubaarste en suksesvol. Dis gewone kos, niks snaaks of duur produkte. Probeer dit, jy sal nie spyt wees nie.

Sterkte

Reply to Anon

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement