advertisement
Question
Posted by: Karen | 2011/09/29

Slender Wonder

Hi Doc. Dis n plesier om vir n verandering u te kon help. Hoop ook dit help enige iemand wat oorweeg om op die dieet te gaan. Nou net n vraagie oor iets anders as u my kan help asb. In Dr Phil se dieet boek is daar n lys aanvullings was volgens hom voordeelig sal wees as jy wil gewig verloor, ek sal die lys gee en as u asb dan net vir my kan se of dit voordeelig sal wees of ook weereens geld mors. Ek het gewig verloor deur dieet en oefening, maar toe kom my gewigsverlies tot stilstand en daar is net nog twee vet rolletjie op my maag wat nie wil weg gaan nie maak nie saak wat ek probeer nie (en dis hoekom ek slender wonder probeer het)! Het u enige raad oor wat ek kan doen om van daai rolletjies ontslae te raak? Dankie baie. Hier''s die lys,
Chromium 200 mcg
Iodine 75 mcg
Selenium 140 mcg
Vitamin C 500 mg
Vitamin E 200 IU
Coenzyme Q10 100 mg
CLA 2000 mg
Green tea exstract 270 mg
L-carnitine 100 mg
Omega-3 fatty acids 500 mg
Soy Isoflavones 50 mg

Weereens dankie...

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Karen
Lekker om weer van jou te hoor. As ek so kyk na Dr Phil se aanbevole dieetaanvulling, dan sal ek sê dat die volgende bestanddele wel mag help vir gewigsverlies (m.a.w. daar bestaan wetenskaplike bewyse dat dit 'n verskil maak): 1) Chroom - kan bloedsuikervlakke stabiliseer en dus vetdeponering moontlik verminder; 2) Jodium - belangrik vir die werking van die skildklier, Maar ons behoort in SA nie 'n gebrek aan jodium te hê nie, aangesien al ons tafelsout met jodium gefortifiseer word; 3) Groentee-ekstrak - mag help met gewigsverlies. Die res van die bestanddele is vitamiene, minerale, essensiële vetsure of ko-faktore wat algemene gesondheid kan verbeter indien jy aan 'n gebrek van een of meer van hierdie voedingstowwe ly. Wat die vet rondom die middel aanbetref, kan teiken-oefeninge soos 'sit-ups' help, of in 'n noodtoestand, liposuiging! Laasgenoemde behoort liefs deur 'n plastiese chirurg gedoen te word.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011/09/29

Beste Karen
Lekker om weer van jou te hoor. As ek so kyk na Dr Phil se aanbevole dieetaanvulling, dan sal ek sê dat die volgende bestanddele wel mag help vir gewigsverlies (m.a.w. daar bestaan wetenskaplike bewyse dat dit 'n verskil maak): 1) Chroom - kan bloedsuikervlakke stabiliseer en dus vetdeponering moontlik verminder; 2) Jodium - belangrik vir die werking van die skildklier, Maar ons behoort in SA nie 'n gebrek aan jodium te hê nie, aangesien al ons tafelsout met jodium gefortifiseer word; 3) Groentee-ekstrak - mag help met gewigsverlies. Die res van die bestanddele is vitamiene, minerale, essensiële vetsure of ko-faktore wat algemene gesondheid kan verbeter indien jy aan 'n gebrek van een of meer van hierdie voedingstowwe ly. Wat die vet rondom die middel aanbetref, kan teiken-oefeninge soos 'sit-ups' help, of in 'n noodtoestand, liposuiging! Laasgenoemde behoort liefs deur 'n plastiese chirurg gedoen te word.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement