advertisement
Question
Posted by: Karen | 2011/09/28

Slender Wonder

Hi Doc. Elke keer as u n vraag kry oor die Slender wonder dieet se u dis moeilik want u het nie die inligting nie. So hier is die inligting. Ek het op die dieet gegaan en kon net vir eendag op die detox bly en 2 dae op eetplan A. Toe is ek so honger dat ek dit nie meer kan hou nie, Dis baie min kos en baie beperk en die pille en inspuitings het nou nie vir my iets gedoen vir die eetlus en hongerpyne nie. Ek is duromine ook voorgeskryf, maar wou nie nog dit ook drink nie. Ek het nie gedink dit gaan so min kos wees nie en het ook gedink die pille en inspuitings sal het. Dit was ook glad nie goedkoop nie, ek het R2500 betaal of sal ek eder se gemors. Hoop die inligting sal iemand help om n beter keuse as ek te maak. Ek kan nie dink dat indien jy gaan uithou op die dieet en gewig verloor dat dit gaan af bly nie, sodra jy normaal gaan begin eet gaan jy weer optel. Jy kan nie verewig so eet nie. Ek het net n paar kg om my middel wat ek nie van kan ontslae raak met gewone dieet nie wat ek wou verloor, so dis nie of ek n groot probleem het nie en ek kon nie op die dieet hou nie, hoe gaan n persoon wat regtig n probleem het dit hou? Sal ook daarvan hou om u opinie te hoor oor die aanvullings. Hoop die inligting help as u weer n slender wonder vraag kry.


Porsies

Protein 100g (rou gewig)

Bv: Maer beesvleis, hoenderborsie, wildsvleis. Of 1 eier, 90g lae-vet kaas, 175ml jogurt.

Groente 120g (rou gewig)

Bv: Blaarslaai, blomkool, spinasie, tamatie, broccoli, ens.

Vrugte

Bv: Appel, lemoen, nartjie of 100g aarbeie, spanspek, papaja, mango

Stysel

2 Crackerbread, 2 finn crisps, 2 melba toast, 2 provitas
(let wel geen normale brood of rys of aartappel of so iets)

Vloeistof

2-3 Liter water per dag, kafeienvrye koffie nie meer as 6 koppies n dag, tee, kruietee, sodawater (twee blikkies per dag),
dieetkoeldrank (2 blikkies per dag). Geen gegeurde water. GEEN MELK TOEGELAAT.

ps: Jy mag nie vleis meng nie.
Geen olie of botter toegelaat.
Jy mag niks na 21:00 eet nie.
Minstens 4 uur tussen maaltye.

Maaltydplan

Eerste 3 dae: (Detox)

300g Vrugte 3 keer n dag.

Eetplan A:

Ontbyt: Glas protein shake
Middagete: 1 Porsie stysel en 1 of 2 porsies vrugte
Aandete: 1 Porsie protein en 1 porsie groente


Eetplan B:

Ontbyt: Glas protein shake
Middagete: 1 Porsie stysel en 1 of 2 porsies vrugte en 1 porsie protein
Aandete: 1 Porsie protein en 1 porsie groente

En nou mag jy 2 eetlepels vetvrye melk kry per dag.

Matige plan

Basies dieselfde as hier bo, maar protein porsie is nou 120g, groente is 150g, stysel gaan van bv 2 crackerbread na 3 en jy kan nou hawermout 1 koppie gekook of 1 koppie hi-fibre bran ook kies as n porsie. Jy mag ook nou 250ml vetvrye melk kry per dag.


Aanvullings

1) Protein shake

Samestelling:

Protein
Maltodextrien
Medium ketting Trigliseriedes
Fruktose
L-Glutamien
Vitamien A (Retinol)
Vitamien B1 (Thiamien)
Vitamien B2 (Riboflavien)
Vitamien B6 (pyridoksien)
Vitamien B12 (Cyanocobalamin)
Vitamien C (askorbiensuur)
Vitamien D (cholecalciferol)
Vitamien E (D-alpha-tocopherol)
Kalsium
Magnesium
Fosfate
Foliensuur
Biotien
L-Carnitiene
Biologiese aktiewe chroom

2) Pyruvite
mg/cap
CA Pyruvate 100
Chromium 0.05
L-Carnitine Fumerate 60
en dan vitamien B1, B12, B2, B5, B6

3) Magnetine
mg/cap
Magnesium Cytrate 100
Calcium Carbonate 200
L-Carnitine Fumerate 60
Baron (total) 0.5
Zinc (as zinc glutonate) 5
Copper (as copper glutonate) 0.5
Manganese 3
Vitamin D-3 0.005

4) Omega 3 &  6

5) Herbaboost
mg/cap
Spirulina 50
Siberian Ginseng 30
Ginger Root 50
Gotu Cola 10
Kelp 20
Astragalus 20
Liquorice Root 10
Resishi Mushroom 10
Bladderwrack 50

6) CLA

7) PLA (Prime lipoic acid)

8) Hoodia

9) Easy cleanze
mg/cap
Aloe Ferox 50
Cascara 50
Ginger Powder 50
Corn starch 300

10) K-L Cleanze (kidney-liver Cleanze)

Dis n stroop.
Groentee
Ko-ensiem Q 10
Quercitrin
Selenium
Vitamien C
Bioperine
Olyfblaar

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Karen
Jy is 'n ***ster*** om vir my al hierdie inligting oor Slender Wonder te verskaf. Soos jy seker besef, is dit vir my onmoontlik om al die verskillende diëte en verslankingsprodukte aan te skaf om te kyk wat dit behels. Daar word ten minste 1-2 sulke diëte en produkte per week in SA vrygestel, en ek sal bankrot speel as ek almal sou aankoop. My basiese siening wat ek meestal vir Lesers meedeel, is dat sulke diëte en produkte baie geld kos, potensieel gevaarlik mag wees, en nie noodwendig gewigsverlies sal veroorsaak nie. Ek het ook al dikwels genoem dat dit die baie-lae-energie dieet is wat gewigsverlies veroorsaak en nie die pille en inspuitings nie. Enige persoon wat so min eet, gaan gewig verloor al kry hulle nie 'n enkele inspuiting en neem hulle nie 'n enkele pil nie! Ek belowe om hierdie inligting item vir item na te gaan, en dit vir volgende week se DietDoc Topic gebruik. Kyk dus gerus op die 'Diet'nFood' deel van Health24.com volgende week rondom Dinsdag vir die artikel waar ek sal poog om al hierdie aanvullings, ens, te ontleed en sal probeer aandui of dit enigsins kan bydra tot verslanking, al dan nie.
Weereens baie dankie vir die inligting
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2014/04/07

wel ek het 30 kg afgeskud met Slender wonder en sal dit absoluut aanbeveel.. ek behou nou my gewig al vir 2 jaar. die beste antwoord wat my dokter gegee het toe ek se sodra ek weer NORMAAl eet wat dan is: leer wat NORMAAL is......is dit n bord warm chips, n sjokolade, n 2 de en 3de porsie????? ek dink slender wonder het beslis my lewe verander!!!!!

Reply to Anonymous
Posted by: DietDoc | 2011/09/29

Beste Karen
Jy is 'n ***ster*** om vir my al hierdie inligting oor Slender Wonder te verskaf. Soos jy seker besef, is dit vir my onmoontlik om al die verskillende diëte en verslankingsprodukte aan te skaf om te kyk wat dit behels. Daar word ten minste 1-2 sulke diëte en produkte per week in SA vrygestel, en ek sal bankrot speel as ek almal sou aankoop. My basiese siening wat ek meestal vir Lesers meedeel, is dat sulke diëte en produkte baie geld kos, potensieel gevaarlik mag wees, en nie noodwendig gewigsverlies sal veroorsaak nie. Ek het ook al dikwels genoem dat dit die baie-lae-energie dieet is wat gewigsverlies veroorsaak en nie die pille en inspuitings nie. Enige persoon wat so min eet, gaan gewig verloor al kry hulle nie 'n enkele inspuiting en neem hulle nie 'n enkele pil nie! Ek belowe om hierdie inligting item vir item na te gaan, en dit vir volgende week se DietDoc Topic gebruik. Kyk dus gerus op die 'Diet'nFood' deel van Health24.com volgende week rondom Dinsdag vir die artikel waar ek sal poog om al hierdie aanvullings, ens, te ontleed en sal probeer aandui of dit enigsins kan bydra tot verslanking, al dan nie.
Weereens baie dankie vir die inligting
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement