advertisement
Question
Posted by: Sally | 2008/09/02

Slegte oor

Jamer oor die afrikaans. Ek het i worshond gekruis met iets anders, nie seker wat nie. Hy is So 2.5 na 3 jaar oud. So jaar of wat gelede het ' n kar hom gestamp ek het hom na ' n veearts toe gevat en hy het gesê  alles is reg, behalwe vir ' n tand wat gebreek het en hy het dit uitgehaal. Die laaste paar maande ondervind die hond baie pyn in sy een oor (die kant wat die kar hom gestamp het). Ek het hom veearts toe gevat en hy het hom net ingespuit (weet nie met wat nie) en vir my drippels gegee om in sy oor te gooi. Dit het baie gehelp, maar die oor begin nou weer seer word. Ek het die veearts gebel en gevra of ek hom vir hom moet bring laat hy mooi kyk wat aangaan daar binne, maar toe sê  hy dit is nie nodig nie, hy sal vir my nog van die drippels stuur dan kan ek net sy oor skoon maak met ' n oorstokkie (daar kom sulke geel goed uit, maar die hond krap sy oor verskriklik en dit lyk nou vir my bloederig) maar ek kan nie naby die hond kom nie, want sodra ek aan die oor vat, aan die onder kant waar dit by die kop bymekaar kom, ruk die hond sy kop weg, so ek vermoed dit is baie seer! Ek wil graag die hond help, want hy kry epileptiese aanvalle (vermoed dis van die oor, want vandat hy die inspuiting gehad het het hy nie weer gekry nie) en dit lyk of die arme hond vreeslik swaar kry. Hy nies hom ook dood, veral in die ogende as hy opstaan, hy nies so baie dat hy eers ' n rikkie moet stilstaan en dan kan aangaan.

Enige raad asseblief? Dit ruik ook nie baie lekker nie!
Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

Hallo Sally

Dis en vir die veearts die. ek stem saam om 'n ander veearts te gaan soek. Dit is heel moontlik net a baie slegte oorinfeksie wat so seer is. die infeksies reageer die beste as die oor onder narkose gespoel word en ook om seker te maak dat daar nie 'n grassaad binne vassit nie. As dit 'n kroniese probleem word is dit die beste om 'n kultuur van die etter in die oor te maak om presies te weet wat dit veroorsaak en ooreenkomstig te behandel.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: n | 2008/09/03

Sally stuur jou vearts in sy %%%%% in en gaan sien ' n ander een,

Reply to n
Posted by: Chill | 2008/09/02

Enige veearts wat vir jou se jy moet ' n wattestokkie in jou hond se oor sit, moet ten alle koste vermy word!

Reply to Chill
Posted by: Sally | 2008/09/02

Dankie vir jou raad! Ja die hond eet, net baie bederf met wat hy eet maar verder nie ' n probleem, ek het gewonder of sy oordrom nie dalk gebars het nie?

Reply to Sally
Posted by: cathy | 2008/09/02

as ek jy is vat ek my hond na ' n ander veearts toe. dis moontlik dat hy ' n gebreekte/verspliterde kakebeen gehad het. dit kan moontlik v/d spliters wees wat absesse veroorsaak wat veroorsaak dat die " geel goed"  uit sy oor loop. eet hy? my een kat kry van tyd tot tyd oorpyn en dan wil hy niks eet nie - totdat die druppels begin werk.

ek het ook jare terug ' n hond gehad wat se kaak vermoedelik gebreek was (het hom opgetel) en sy ore het so gesweer. hy was later vreeslik kwaai as mens sy ore probeer skoonmaak het met watte pluisies of druppeltjies probeer insit het. ek stel regtig voor jy gaan sien ' n ander veearts miskien vir x-trale. sterkte!!!!

Reply to cathy

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement