advertisement
Question
Posted by: Gesiggie (Cornel) | 2011/01/05

Slegte nuus oor Caileen

Hi Doc,

Ek het baie slegte nuus vandag. Caileen is die oggend van die 31ste Des. in haar ouers se huis in Pinetown, oorlede. Sy het gaan slaap en in die hemel wakker geword. Geen pyn en geen lyding.

Haar man, Ian, het gevra dat ek Dokter net namens ons almal bedank vir die raad en liefde wat sy van u af gekry het.

Ek en ''n paar ander forum-vriendinne het die voorreg gehad om haar so vir ''n rukkie te leer ken en sy het onwetend ''n groot voetspoor in ons almal lewens gelaat. Sy was werklik ''n inspirerende, sterk mensie en innerlik en uiterlik pragtig. Sy was 35 jaar oud en laat haar man en 2 klen kindertjies agter.

Dink asb. aan haar gesin en familie en vriende, in julle gebede.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hi Cornel
Dis is nou vir my regtig slegte nuus! Mens is bly dat sy nie gely het nie, maar besef weereens hoe vreeslik broos ons eintlik as mense is. Baie dankie dat jy my laat weet het. Ek sal bly wees as jy dalk my innige simpatie aan haar man en familie sal oordra as jy dalk kontak het met hulle.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Charmaine | 2011/01/06

Siestog sy het nie eers die nuwe jaar gesien nie. Kom ons leer vandag ''n les hieruit. Ons weet nie wat die toekoms in hou nie. Miskien sien nie ek of jy eers more nie. So leef net vir vandag, soos Caileen.

Sterke vir haar man, haar broers en susters en kinders en die res van die familie.

Reply to Charmaine
Posted by: Magrie | 2011/01/06

Caileen was voorwaar ''n inspirerende mens. Deur alles was sy steeds so posetief en vriendelik.
Dis wat my sal by bly.

My gebede is met haar familie waar sy more ter ruste gele sal word.

Reply to Magrie
Posted by: Cyberdoc | 2011/01/06

Hi Cornel
Dis is nou vir my regtig slegte nuus! Mens is bly dat sy nie gely het nie, maar besef weereens hoe vreeslik broos ons eintlik as mense is. Baie dankie dat jy my laat weet het. Ek sal bly wees as jy dalk my innige simpatie aan haar man en familie sal oordra as jy dalk kontak het met hulle.
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement