advertisement
Question
Posted by: Annie | 2009/07/13

Sleep

Liewe Dr.

Ek kom vandag na u toe met ‘ n vraag wat ek seker is,4 uit 10 ouers al mee geworstel het. Slaap…  Ek soek raad daaroor vir my kind hy is nou 38maande oud. Ek sukkel van klein tyd met sy slaap gewoontes. Toe hy tussen 2-7maande oud was, was dit ‘ n stryd om hom aan die slaap te kry, hy het soms na 12 uitgeput van baklei aan die slaap geraak en dan deurgeslaap tot 8/10uur die volgende oggend. Nou deesdae gaan slaap hy tussen 10 en 11 (dit is so uitputtend!!) Ons het als probeer van sleep-training tot bed-routine ens. Maar niks werk nie. Hy het ‘ n chroniese toe-neusie en die medisyne waarmee ek hom behandel help soms dat hy vroeer uitpass. Ek het hom vroeer die jaar in die cresh gesit, maar kon die arme kind nie in die oggend uit die bed kry nie. My groot vraag is…  wat moet ek doen as hy eendag skool toe gaan en so moeg en grumpy is en nie kan konsentreer en swak vaar omdat hy sulke slegte slaap gewoontes het. Hy is nie hiperaktief nie en slaap ook nie meer in die middae nie. Ek het nou die dag op die internet gelees (‘ n baie lang debat oor die voordele en nadele van medisyne) Ek het gesien dat Melatonin ‘ n goeie slaap-hormoon is, en help om die balans te herstel? Dink u dit is wat fout is met my kind? Wat staan my te doen…  baie ouers sê  jy drug jou kind en die onderwerp is so taboe… maar so baie sê  maklik gee vir hom bietjie stopayne dat hy vroeer kan gaan slaap (dit walg my) ek is nie daardie tipe ouer nie. Ek sien om na my kind se belange en dink verder die toekoms in.

Dankie vir u tyd

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Annie
Jy kan nie vir jou baba melatonien gee nie, maar ek stel voor dat jy die pediater vra om hom goed te ondersoek en dalk 'n sonar van sy nierpypies te doen. Ek het self met so slapelose kind gesukkel en niemand kon fout vind nie, tot ons agtergekom het hy het uriene reflux wat vir hom pyn in die niere gee ( en sy uriene het NOOIT infeksie gewys nie) Toe dit reggemaak word, was die probleem opgelos!
Ander dinge waarna gekyk moet word is asma en sy allergiese rhinitis en sy toe neus is dalk ook nie op die oomblik optimaal behandel nie.
Kyk ook
http://sleep-disorders.suite101.com/article.cfm/insomnia_in_toddlers_and_children
sterkte!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement