advertisement
Question
Posted by: EPB | 2008/11/06

Slaperigheid

My man is 73 en behartig nog sy boerdery self. Hy het in Julie ' n ligte beroerte gehad, met die gevolg dat sy linkeroog lid hang. In die begin van Oktober het dokter hom op bloeddrukpille gesit. Hy drink amloc 5mg, Prexum Plus en ecotrin. Sy bloeddruk was so twee weke terug baie laag met tye. Ons het dit drie keer ' n dag geneem en vir die dokter die tellings gegee maar hy het nog nie terugekom na ons toe niel. So ' n maand terug het hy ophou met rook. Hy het 60 sigarette per dag gerook vir ongeveer 55 jaar. Hy het ' n week lank Zyban gebruik maar wil dit nie meer drink nie. Hy is party dae baie slaperig. Hy kan nie sy oe oop hou nie. Hy slaap in die nag ook redelik goed. Hy staan paar keer op om toilet toe te gaan maar raak dan dadelik weer aan die slaap. Hy het sinus op die oomblik maar nie baie ernstig nie. Andersins voel hy goed. Die vaakheid irriteer hom verskriklik. Hy se hy voel soos ' n zombie. Ek dink op hierdie stadium is hy nie eers lus om dokter toe te gaan nie, want hulle is so onbelangstellend. Ek het ongelukkig die plamfet van die Amloc weggegooi en kan nie sien of dit dalk die pille is wat die vaakheid veroorsaak nie. Wat dink u? Groete

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo EPB
Die mees algemene newe effekte van Amloc is geswelde voete, kopseer, moegheid en duiseligheid. Prexum kan ook vir jou moegheid en duiseligheid veroorsaak. Mens moet ook net sy kalium vlakke dophou met 'n bloedtoets so nou en dan.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2015/12/05

Hoe lank hou die newe effekte aan ek drink nou Prexum 5mg plus 2wke en is nog duiselig, moeg en hoofpyn

Reply to Anonymous

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement