Expert's Reply
A.
Sleep Expert
Daar is twee belangrike aspekte hier, nl roetiene, en die feit dat almal snags van tyd tot tydwakker word. Almal van ons word wakker elke 60 - 90 minute. Ons leer egte om weer om te draai en te gaan slaap. Babas moet dieselfde leer. Daar moet duidelik vir hom gemaak word, wanneer hy opstaan, dat hy moet teug gaan bed toe. Hy mag stilletjies in sy bed sit en speel, maar hy mag nie rondloop of die res van die familie wakker maak nie. Hy sal dan metertyd weer aan die slaap raak.
Die ander belangrike askep is roetiene. Bedtyd en opstaantyd moet konstant behoue bly. Die liggaam werk die beste met gereelde dagroetienes.
As hy opstaan, vat hom met die hand en lei hom terug bed toe. As hy weer opstaan, is dit tyd vir pa om hom bed toe te vat. So kry hy die boodskap van beide ouers dat hy mag nie rondloop nie, en dat hy nie sy ouers teen mekaar kan speel nie.
Op hierdie ouderdom is 'n middagslapie ook belangrik vir die daarstelling van sy roetiene.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal
advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or person harm you may suffer resulting from making use of this content.