advertisement
Question
Posted by: Riaan | 2013/01/16

Slaaploosheid

Ons dogter van 14 jaar sukkel om alleen in n kamer te slaap. Tot so 3 jaar terug was haar ouer suster saam met haar maar die is nou uit die huis en sy moet alleen slaap.

Die probleem het begin toe sy by een van haar vriende die vlliek " Paranormal Activity"  sonder ons medewete gesien het. Sedert dit slaap sy nie maklik alleen nie.

Sy was al by n sielkundige vir 5 sessies wat probeer help het maar die probleem gaan nie weg nie.

Die gevolg is dat sy baie min slaap inkry of langs ons bed kom le in die vroee oggendure wanneer ons al vas slaap. Ander tye vra sy weer ons bediende om by haar in die kamer te slaap.

Dit veroorsaak baie spanning in die huis en beinvloed ook ek en my vrou se huwelik negatief aangesien ons nooit alleen met mekaar kan wees nie.

Sy se dat sy nie meer bang is om alleen te slaap nie maar dat sy nog steeds nie aleen aan die slaap kan raak nie.

Ek is bekommer dat haar min slaap tot vertdere geestes probleme kan lei.

Ons is al raadop. Speel sy net op ons gevoelens (partykeer dink ons sy doen) en moet ons haar eenvoudig net dwing om aleen te slaap of gaan dit groter probleme veroorsaak?

Enige raad sal hoog op prys gestel word.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement