advertisement
Question
Posted by: Chrissie | 2008/09/15

Slaaploosheid

Goeie dag! Ek wil graag meer uitvind oor oorsake van slaaploosheid. My man sukkel al vir omtrent die afgelope 5 maande daarmee. Hy raak aan die slaap as hy bed toe gaan. Maar word ' n hele klomp keer in die nag wakker, en le dan wakker vir ' n ruk voor hy aan die slaap weer raak. Soggens is hy moeg en geirriteerd. Hy is op Cipralex vir die afgelope 3 jaar, (1 pil ' n dag). En het heelwat spanning by die werk, aangesien ons vir onsself werk. Ek weet in die verlede het hy ook baie panado' s gedrink vir hoofpyn. Toe ek daaroor uitvra het hy gese hy drink nie baie nie, net af en toe. Maar dit was beslis omtrent 1 / 2 per dag of elke tweede dag. (ek weet nie of hy nog drink nie. en ek weet ook nie of dit verband hou nie).
Ons het nou al Rescue druppels (homeopaties) gebruik, wat dit klein bietjie verbeter het - maar na ' n week of wat is dit weer terug na geen slaap. Onlangs het ek ' Insomna-way'  slaap tablette gekoop, maar dit het geen effek gehad nie.
Waar kan ' n mens begin soek na ' n oorsaak? Ek het al genoem dat hy ' n dokter moet gaan sien, maar hy weier.
Hoop jy kan help. Baie dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Chrissie
Sien hierdie artikel ( dit is van toepassing op mans ook!) http://www.4woman.gov/faq/insomnia.htm
Die Cipralex kan dalk 'n rol speel. Laat hy Progressive Muscular Relaxation (PMR) tegniek probeer
http://www.mindtools.com/stress/RelaxationTechniques/PhysicalTechniques.htm
Hy kan ook 2 Biral saans probeer. As niks help nie, moet hy maar sy dokter gaan sien vir 'n voorskrif vir 'n slaap pilletjie maar mens moet probeer om nie daarvan afhanklik te raak nie.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement