advertisement
Question
Posted by: Helena | 2012/05/18

Skuus, nog ''n vraag

Het dokter al van die produk Antagolin gehoor? Soos ek verstaan help dit veral met insulien weerstandigheid. Gaan vir die dr ook mô re vra daaroor, want soos ek verstaan kan mens dit saam met die Gluco(iets) gebruik - ken nie eers my pille se naam nie (AI)

Soos ek verstaan die Banaba blare in die produk laat mens se maag baie werk. Ek wat reeds ietwat van ''n senitiewe maag het, sal seker daarteen gewys word om dit te gebruik, of hoe?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Helena
Ja, ek het al van Antagolin gehoor en daaroor opgelees, maar tot dusver kan ek geen streng wetenskaplike resultate vind nie, wat kan staaf dat die produk wel vir diabetes of insulienweerstand werk en ook geen erge nadelige newe-effekte het nie. Ek kan dit dus nog nie aanbeveel nie. Indien jy wel 'n sensitiewe maag het, dan sal dit nie eintlik raadsaam wees om 'n produk wat soos 'n lakseermiddel werk, te neem nie. Onthou ook dat dit potensieel nadelig kan wees om 2 produkte gelyk te neem wat albei jou bloedsuikervlakke verlaag. Mens kan nogal "too much of a good thing" ervaar as jou bloedsuikervlakke so laag daal dat jy nou weer hipoglisemies word (gekenmerk deur moegheid, floutes, hoofpyn, bewerasies, verwarring, prikkelbaarheid, ens). Vra asb vir die dokter wat jou Glucophage voorskryf voordat jy Enige Ander Medisyne neem, veral as jy dit dit self oor die toonbank koop.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012/05/18

Beste Helena
Ja, ek het al van Antagolin gehoor en daaroor opgelees, maar tot dusver kan ek geen streng wetenskaplike resultate vind nie, wat kan staaf dat die produk wel vir diabetes of insulienweerstand werk en ook geen erge nadelige newe-effekte het nie. Ek kan dit dus nog nie aanbeveel nie. Indien jy wel 'n sensitiewe maag het, dan sal dit nie eintlik raadsaam wees om 'n produk wat soos 'n lakseermiddel werk, te neem nie. Onthou ook dat dit potensieel nadelig kan wees om 2 produkte gelyk te neem wat albei jou bloedsuikervlakke verlaag. Mens kan nogal "too much of a good thing" ervaar as jou bloedsuikervlakke so laag daal dat jy nou weer hipoglisemies word (gekenmerk deur moegheid, floutes, hoofpyn, bewerasies, verwarring, prikkelbaarheid, ens). Vra asb vir die dokter wat jou Glucophage voorskryf voordat jy Enige Ander Medisyne neem, veral as jy dit dit self oor die toonbank koop.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.