advertisement
Question
Posted by: Alet | 2008/09/10

Skourer en blad pyn

Hi Doc, ek het nou vir 10 dae ' n pyn in my regterskouer. My nek was ook baie styf maar dit is nou al baie beter. Ek voel somtyds pyn in my regterarm af tot in my vingers. Van vandag af is van my vingerpunte dood. Wat moet ek doen, het al inspuiting Vrydag by dr gehad maar dit het geen verskil aan my pyn gemaak nie. Help asb. Drink Norflex, myprodyl en ander pyn medikasie, maar dit verlig nie di epyn nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageShoulder Doc

Beste Alet,

die feit dat daar nekpyn was en dat die pyn af in die arm verwys tot in die vingers met vingers wat doodgaan is baie verdag van 'n diskus letsel in jou nek - jy behoort verwys te word vir 'n goeie kliniese ondersoek en selfs 'n MRI ondersoek van jou nek om dit uit te skakel

Alles van die beste,

Dr Joe de Beer

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Erna | 2015/10/18

Goeiedag ek wil net iets uitvind my ma ht so 4 maande trug geval en haar arm baie sleg gebreek en gesplinter. Sy ht vir n operasie gegaan. Die dok se toe haar bakkie in die skouer ht ook gebreek en hy kan ni die knop trugsit in die bakkie ni dit moet met oefening gedoen word. Sy ht vreeslik pyn in ha skouerblad wat kan dit wees asb as iemand my nt kan help. My email adres is ernachristomeyer@gmail.com ek sal dit baie waardeer.

Reply to Erna
Posted by: Alet | 2008/09/23

Doc was toe vir MRI en xstrale vir my NEK en ja daar is ' n probleem wat nou met fioso behandel gaan word. Dankie

Reply to Alet
Posted by: Alet | 2008/09/17

Was toe by ortopeed by UNITAS hospitaal, xstrale en sonar van arm geneem, net verdikking van vorige operasie opgetel, maar vingers bly dood en pyn van die elmboog nog dieselfde, vingers nog steeds dood met needles en pins deur die loop van die dag. Dr het inspuiting in skouer agter in blad gegee, pyn weg vir 2 dae maar nou weer terug. Moet ek maar weer teruggaan na hom toe of wat moet ek doen? Dankie vir raad.

Reply to Alet

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement