advertisement
Question
Posted by: Gwen | 2009-08-06

Skouer pyn tot in hand

Goeiedag Doc

Ek het omtrent 4 jaar gelede of 3 jaar nie baie seker ' n operasie gehad om mantelvlies te herstel, (lab nissen) gehad, en sederdien ondervind ek die pyn in my linkerskouer. Dir voel soos ' n wind in my skouer soms is dit so erg dat dit my hele arm laat pyn en dit lam maak. Soms voel dit die wind of pyn beweeg tot in my nek en oor my bors aan die linkerkant, gebruik prednisone 5m maar dit help nie, my skouer is letterlik seer as ek daaraan vat.
Gee tog raad asb

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageShoulder Doc

Beste Gwen,

Komplikasies van die operasie kan beslils borskas en skouer pyn veroorsaak. Het jy al die sjirurg daaroor geraadpleeg? Kortisoon (prednisoon) is dalk nie die regte medikasie vir 'n probleem waarvoor die oorsaak nie behoorlik gediagnoseer is nie. My voorstel is dat jy die sjirurg wat jou operasie gedoen het eerste raadpleeg of so nie 'n ander een vir 'n tweede opinie. As die vorige operasie as oorsaak van jou probleem uitgeskakel is kan jy jy dan na 'n ortopeed gaan om die skouer te ondersoek

groete,

Dr Joe de Beer

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement