advertisement
Question
Posted by: Susan | 2008/09/16

Skouer pyn

Hi Dok

Ek het my skouer gebreek, maar ' n paar jaar later het ek steeds ' n dowe pyn as ek bv. by die gym was. Ek voel steeds my skouer as ek gym ook, maar na die tyd het ek die pyn, en ek kan nie sê  presies waar die pyn is nie. Hy voel styf ook na die gym.
Ek het ' n MR laat neem, maar daar wys niks nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageShoulder Doc

beste Susan,

Dit sou gehelp het om te weet watter deel van die skouer gebreek was: die bal, die potjie, die sleutelbeen en watter soort fraktuur- was dit geopereer of nie? In elk geval oor die algemeen is daar 'n paar moontlilkhede waarom 'n persoon na 'n fraktuur van die skouer langtermyn pyn mag ondervind:

- non-hegting van die fraktuur, m.a.w. die fraktuur het nie aangegroei nie
-wan-hegting van die fraktuur, m.a.w. die fraktuur het "skeef" aangegroei en dit kan funksioneel die skouer aantas
-ge-assosieerde beserings, m.a.w. ander strukture van die skouer is ook beseer, bv. die senings of senuwees rondom die skouer is beseer
-sekondere gevolge van so 'n fraktuur kan wees dat mens later osteoartritis in die gewrig ontwikkel

'n Ondersoek van jou skouer deur 'n spesialis mag wel die diagnose aandui, verder wil ek net ook stel dat alhoewel 'n MRI 'n baie duur en soms 'n goeie ondersoek is het dit beperkings: as dit sonder die inspuit van kontras gedoen is is die akkuraatheid minder. In elk geval, is 'n gewone X-straal nog steeds beter as 'n MRI om frakture en osteoartritis van die skouer te beoordeel

As jy wil, is jy welkom om so 'n x-straal te laat doen en die radioloog te vra om 'n elektroniese kopie aan ons te e-pos en ons sal daarna kyk vir jou. Sien die detail van die e-pos adres op ons webtuiste: www.shoulderinstitute.co.za

Alles van die beste,

Dr Joe de Beer

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Susan | 2008/09/22

Dankie Dok

Dit was die humerus se kop wat gebreek het, hulle het skroewe ingesit, is later verwyder, met die breek het my skouer ook gevries, maar die bewegings is nou baie goed.
Daar is wel voor MRI ook x-trale geneem, maar wys niks regtig fout nie, hulle praat iets oor AC gewrig, maar met sonar is my ander skouer s' n dieselfde. So daar is nie regtig ' n bewys dat daar iets fout is nie. Dit voel net as ek iets begin doen dan het ek daardie pyn in my skouer, en gaan party keer af in my elmboog,

Groete
Susan

Reply to Susan

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement