advertisement
Question
Posted by: hannie | 2008/08/27

SKOUER HAAK UIT

My seun het rugby gespeel (stut). Sy skouer haak sommer net uit tot as hy slaap in die nag dan moet ons hom hospitaal toe vat dat dit terug gedruk word hy het baie pyn. Wat moet hy doen.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageShoulder Doc

Beste Hannie,

jou seun ly aan herhalende onstabiliteit van sy skouer en ek is seker dat hy 'n benige letsel van sy potjie (glenoid ) het. die enigste oplossing is 'n operasie wat die skouer sal stabiliseer. Dit is belangrik dat dit deur 'n ortopeed gedoen word wat kundig is oor skouer onstabiliteit om 'n goeie resultaat te verseker. Indien die regte operasie deur 'n kundige gedoen word is die suksessyfer baie goed. Ons behandel baie professionele rugbyspelers en 'n goeie voorbeeeld van so 'n speler is John Smit (Springbokkaptein ) op wie ons die operasie gedoen het vir dieselfde probleeem (sowat 4 jaar gelede) en soos jyself weet is hy weer voluit aan die gang met sy rugby. Oor die algemeen is die prognose van sulke begandeling dus goed. Vir meer inliging oor die probleem kyk gerus na ons webwerf : www.shoulderinstitute.co.za en sien "shoulder instability"

Alles van die beste ,

Dr Joe de Beer

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement