advertisement
Question
Posted by: Charlotte | 2011/07/19

Skoonmoeder ernstig siek-dringend

Hello Dr Anrich
Jinne dit gaan rof in ons familie! My skoonmoeder, nou 68 was to verlede Sondag gehospitaliseer in Life Care Botswana, opgeneem met longontsteking, drein Sondag verwyder en kateter ens, die mri scan toon dat een long vergroot is-intraveneuse antibiotika, suurstof ens gehad. Wat my egter ple, sy so gedaan sy kan gladnie met my oor die foon praat nie, konstant naar(sy is baie fyn en skraal, weeg ongeveer 50kg) en eet so te se byna niks, sy klink vir my meer siek as toe sy tien dae gelede toegelaat is, moet byvoeg dat sy te lank geneem het om spesialis sorg te gaan kry, sukkel al paar maande met haar bors en ek voel sy moet Rustenburg toe en tweede opinie so vinnig as moontlik kry, dink u ek oorreageer, wil nou nie haar kinders omkrap nie maar ek is diep bekommerd. Wat dink u?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Charlotte

Ek dink werklik nie jy oorreageer nie. Ek voel dat 'n mens maar altyd na die familie moet luister en ek stel daarom voor dat jy haar na Rustenburg neem vir 'n tweede opinie by 'n internis. Dit is baie moontlik dat sy swak is, as gevolg van ondervoeding, dehidrasie of verdere komplikasies na die behandeling van die longinfeksie. Dit sal ook baie belangrik wees om haar elektroliete te toets, sowel as nierfunksie. Wees maar eerder versigtig en doen wat jy nou kan doen om jou hart gerus te stel.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Charlotte | 2011/07/22

Hello Dr, jammer ek antwoord so laat maar het u raad gevolg en die familie aan daai kant opgekommandeer om haar te neem vir internis ondersoek en verdere hantering, ons woon in die baai, maar het vanoggend met haar gepraat, toetse het ook ernstige anemie getoon en sy neem ook elektroliet aanvullings en is op orale antibiotika, BAIE dankie weereens dr, dit word opreg waardeer!

Groete, Charlotte

Reply to Charlotte

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement