advertisement
Question
Posted by: nicolette | 2011/07/30

sklidklier en vit d tekort

ek is n 38jarige vrou wat nie werklik oorgewig was nie maar die afgelope 9maande skielik 12kg opgetel al het ek gym toe gegan en gesond ge eet die gp het n onder aktiewe skildklier gediagnoseer en eltroxin voorgeskryf maar ek het nie beter geword nie die moegheid ens was erger en is n week terug na n endokrinoloog en internis wat my wel gediagnoseer het met n onderaktiewe skildklier, en n vit D tekort en kortisol vlakke wat nie helemal reg is nie,ek drink nou 1x per week n vit D aanvulling en elktroxin elke dag maar ek wil weet hoelank indien ooit gaan ek die gewig verloor?is daar n dieet wat mens moet volg?ek eet lae gi en oefen dmv biokenetikus elke dag kry 150min kardio in n 5 dag week in maar ek is eerlikwaar moedeloos en amper al depresief oor die gewig ek drink elke dag vir amper 9 maande al eltroxin

ek is 38 1.78 en weeg tans 84kg!

sal enige hulp baie waardeer

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Nicolette
Ek is jammer om te verneem dat jy 'n onderaktiewe skildklier en abnormale kortisolvlakke het. Die feit dat jou gewig nie verminder nie, ten spyte van die feit dat jy die Eltroxin drink, is ook 'n probleem, veral omdat jy baie oefen en ook 'n lae-GI-dieet volg. Jou huidige BMI = 26,5, wat wel bokant die boonste vlak van normaal is, maar nie buitensporig oorgewig is nie. Om terug te keer na die normale reikwydte, met 'n BMI van 24, behoort jy 76 kg te weeg, dus 'n verlies van 8 kg. Eerstens sal ek jou aanraai om na die endokrinoloog terug te keer sodat hy/sy kan nagaan of jou tiroïedhormoonvlakke nou al genormaliseer het, al dan nie. Dit is dikwels nodig om die dosis aan te pas. Onthou tog dat persone met hipotiroïedisme meestal die hormoonaanvulling elke dag vir die res van hul lewens sal moet gebruik. Tweedens sal ek voorstel dat jy 'n geregistreerde dieetkundige spreek. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Ek dink dit is belangrik dat die dieetkundige kyk wat jy tans eet en jou dieet individueel aanpas sodat jy kan gewig begin verloor (bv. om jou vetinname te beperk). Dit is nie iets wat ek vir jou oor die Internet kan doen nie, en dit is belangrik om te onthou dat mens nie net lae-GI-kosse, maar ook lae-vet-kosse moet gebruik en jou totale energie-inname moet verlaag om gewig te verloor.
Sterkte vorentoe en hou aan met die oefening, wat uitstekend is.
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011/07/31

Beste Nicolette
Ek is jammer om te verneem dat jy 'n onderaktiewe skildklier en abnormale kortisolvlakke het. Die feit dat jou gewig nie verminder nie, ten spyte van die feit dat jy die Eltroxin drink, is ook 'n probleem, veral omdat jy baie oefen en ook 'n lae-GI-dieet volg. Jou huidige BMI = 26,5, wat wel bokant die boonste vlak van normaal is, maar nie buitensporig oorgewig is nie. Om terug te keer na die normale reikwydte, met 'n BMI van 24, behoort jy 76 kg te weeg, dus 'n verlies van 8 kg. Eerstens sal ek jou aanraai om na die endokrinoloog terug te keer sodat hy/sy kan nagaan of jou tiroïedhormoonvlakke nou al genormaliseer het, al dan nie. Dit is dikwels nodig om die dosis aan te pas. Onthou tog dat persone met hipotiroïedisme meestal die hormoonaanvulling elke dag vir die res van hul lewens sal moet gebruik. Tweedens sal ek voorstel dat jy 'n geregistreerde dieetkundige spreek. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Ek dink dit is belangrik dat die dieetkundige kyk wat jy tans eet en jou dieet individueel aanpas sodat jy kan gewig begin verloor (bv. om jou vetinname te beperk). Dit is nie iets wat ek vir jou oor die Internet kan doen nie, en dit is belangrik om te onthou dat mens nie net lae-GI-kosse, maar ook lae-vet-kosse moet gebruik en jou totale energie-inname moet verlaag om gewig te verloor.
Sterkte vorentoe en hou aan met die oefening, wat uitstekend is.
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.