advertisement
Question
Posted by: Mariska | 2011/04/04

Skinoren

Ek het ''n jaar gelede opgehou om my pil (Yasmin) te gebruik en ek en my man het van toe af kondome gebruik. Vanaf Desember 2010 het ek begin om af en toe aknee op my gesig te kry. Dit het egter al hoe erger geword en ek het dit nou van my wangbene tot my kakebeen en dit is baie erg. Ek gebruik al vir ''n maand lank saans Skinoren gel en het ook twee weke terug begin om Zinplex te gebruik. Ek het nog geen verbetering gesien nie. Ek wil egter nie antibiotika gebruik nie aangesien ons van hierdie maand af wil begin probeer om ''n swanger te word. My vrae is:
Word die aknee deur ''n hormoon wanbalans veroorsaak?
Indien wel, sal ek kan swanger word as my hormone nie gebalanseer is nie?
Is dit veilig om die Skinoren en Zinplex te gebruik as ek swanger wil word?
Hoekom help die twee produkte nie om my vel beter te maak nie?

Help asseblief, want ek is desperaat en het geen selfbeeld as gevolg van al die aknee op my gesig nie!!!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Mariska

Ongelukkig moet jy 'n dermatoloog konsulteer om die korrekte diagnose te maak en ook die regte behandeling vir die aknee te kry. Skinoren is baie potent en is gelykstaande aan 'n orale dosis antibiotika. Skinoren is nie veilig is swangerskap nie.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement