advertisement
Question
Posted by: M | 2011/11/10

Skildklier

Hi dr, hierdie week is ek gedagnioseer met ''n onderaktiewe skildklier, wat ek nie verstaan nie want eks nie vet nie, ek weeg tussen 51-53kg, maar ek oefen ook gereeld so ek weet nie of dit dalk dit is nie, die dr het gese ek moet vir eers nie oefen nie, hoekom mag ek nie oefen nie? wat het my skildklier met oefen te doen...ek gaan more vir ''n flikkergram...wat ek wil weet is, nou dat ek ''n onderaktiewe skildklier het beteken dit ek gaan nou gewig aansit en sukkel met my gewig..ek het nooit ''n probleem gehad met my gewig nie, ekt nooit gesukkel om gewig af te skud nie, maar gaan ek nou?

soos ek verstaan gaan ek ''n pilletjie moet drink vir die res van my lewe, want fine is, maar gaan ek gewig aansit? gaan ek begin sukkel met my gewig of gaan dit pilletjie help dat ek bly soos ek nou is?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

'n Onderaktiewe skildklier presenteer nie net met vetsug nie. Dit is moontlik dat jou skildklier net nie optimaal funksioneer nie en jy daarom nie al die simptome van 'n onderaktiewe skildklier ervaar nie. Indien jy egter nie die medikasie gaan gebruik nie, is die moontlikheid daar dat jou skildklier funksie nog meer gaan daal en jy dan dalk met jou gewig gaan sukkel.

Is dit moontlik dat jy jou dokter verkeerd verstaan het 'n dalk 'n ooraktiewe skildklier het en nie 'n onderaktiewe skildklier nie. 'n Ooraktiewe skildklier presenteer met gewigsverlies en nie gewig toename nie.

Die rede vir geen oefening, is heel waarskynlik weens die flikkergram wat jy moet ondergaan.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement