advertisement
Question
Posted by: Susan | 2011/04/15

Skildklier

Hi dok
My skildklier is verlede maand verwyder agv ''n kwaadaardige gewas. Het 10 dae terug radioaktiewe jodium behandeling ontvang en is nog geisoleer by die huis. My vraag is Wat is die normale telling wat jou liggaam moet toets My telling voor behandeling was 45 en ek ek 5 dae gelede met Eltrozin begin Ek word glad nie moeg nie en agv daarvan sukkel ek om te slaap het nou meer energie as voor die operasie Tel net vinnig gewig op Is dit normaal en hoe lank sal dit neem vir die vlakke om reg te kom en sal ek dan begin gewig verloor? Jammer dis so lank Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Susan

Dit kan lank neem en jy kan beterskap ten opsigte van jou gewig verwag. Ongelukkig kan dit tot 'n jaar neem.

Die nuutste aanbevole telling vir TSH vlakke is 0.3 tot 3.0.

Kan jy dalk vir my meer spesifieke inligting oor jou uitslae verskaf?

Groete

Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Juanita | 2014/08/29

Goeiedag Dr Ek was vir bloedtoetse en dit is bevestig deur my Internis dat my skildklier nie reg funksioneer nie. Die T3 en T4 is normaal maar my TSH vlak is minder as 0.01. Die internis is besig om verdere advies te kry vanaf 'n kollega wat vir 4 jaar spes in skildklier. Ek ervaar die volgende: kroniese moegheid, seer keel, pyn in nek arms en hande, lae bloeddruk en slapeloosheid. Kry hartkloppings asook stadige "vlindergevoele" en "skip of heartbeat". Brandende en ysige gevoel oor my liggaam asook "needles en pins" en lighoofdigheid. Asemhalingsprobleme wat uitloop op angsaanvalle. Hierna volg diaree en moegheid. Ek ervaar ook droeë vel en -hare, jeukerige vel en kopsere. Die keelseer en heserige stembande kan moontlik veroorsaak word deur die opstoot van suur in keel, daarom dat ek vir 'n PH toets gaan. My internis het geen bekommernisse dat enige van die bogenoemde op die kort termyn lewensgevaarlik kan wees vir my nie. Enige inligting rondom my TSH vlak ens sal opreg waardeer word. Groete Juanita

Reply to Juanita
Posted by: Susan | 2011/05/11

Jammer was met vakansie. Ek het ''n flikkergram gehad wat wys dat daar nie verspreiding is nie Moet oor 2 weke gaan vir bloedtoetse om my telling te toets. Dr het gese dat my skildklier in ''n baie swak toestand was. Wat my bekommer is dat ek na 2 maande ''n ongemaklike pyn in my nek voel soos swelling is dit normaal of kan dit na die kliere versprei het of sou die flikkergram dit sonder twyfel opgetel het. Verder het ek ''n verskriklike rooi vel, met ''n branderige jeuk gevoel wat veroorsaak dat ek byna niks, klere ens kan dra nie omdat alles wat aan my raak my onsettend irriteer Dit het 2 jaar gelede begin en met die tyd al hoe erger geword. Dit is besig om my lewe hel te maak Moet ek vra vir ''n verdere flikkertoets of wag tot Oktober vir my 6 maande ondersoek. Ek is ook nie by n onkoloog nie sal u aanbeveel dat ek een besoek ? Dankie Susan

Reply to Susan

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement