advertisement
Question
Posted by: Erika | 2010-11-22

Skildklier

My dogter is 15 en sy het ''n onderaktiwe skildklier sy eet omtrent niks maar haar gewig is nou al 72kg is daar vir haar ''n oplossing sy is al so depresief. Sy gebruik nou Herbtron produkte met die hoop dit gaan werk.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Erika
Ek is baie jammer om te verneem dat jou 15-jarige dogter 'n onaktiewe skildklier het en dat sy so baie gewig op tel. Ek is persoonlik nie ten gunste van die gebruik van allerhande oor-die-toonbank en kruie verslankingsprodukte nie, veral in kinders en tienderjariges. Die meerderheid van hierdie produkte veroorsaak nie gewigsverlies nie, kos taamlik baie geld en kan erge newe-effekte veroorsaak soos verslawing as dit sinefrien of 'Bitter orange extract' bevat, en dehidrasie of verlies aan normale dermfunksie as dit kwaai purgeermiddels bevat. Ek vertrou dat die dr vir jou dogter skildklierhormoonaanvullings soos Eltroxin voorgeskryf het. Dit sal miskien raadsaam wees om die dr weer te kontak om uit te vind of die dosis vir jou dogter korrek is, al dan nie. Ek sal ook sterk aanraai dat julle 'n geregistreerde dieetkundige spreek om 'n persoonlike dieetvoorskrif vir jou dogter te kry. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal 'n dieet moet ontwerp wat aan die een kant jou dogter help om gewig te verloor, maar steeds al die voedingstowwe bevat wat sy op hierdie ouderdom nodig het om nog gesond te groei en te ontwikkel. Fisiese oefening is een van die belangrikste hulpmiddels om jong mense te help gewig verloor. Laat jou dogter elke dag vir ten minste 30 min aërobiese oefeninge doen (bv. touspring, flink stap, fietsry, swem, of skryf haar in by 'n goeie gimnasium). Moedig haar aan om so aktief as moontlik te wees, want die oefening sal haar trae metabolisme stimuleer en ook gewigsverlies aanhelp.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2010-11-23

Beste Erika
Ek is baie jammer om te verneem dat jou 15-jarige dogter 'n onaktiewe skildklier het en dat sy so baie gewig op tel. Ek is persoonlik nie ten gunste van die gebruik van allerhande oor-die-toonbank en kruie verslankingsprodukte nie, veral in kinders en tienderjariges. Die meerderheid van hierdie produkte veroorsaak nie gewigsverlies nie, kos taamlik baie geld en kan erge newe-effekte veroorsaak soos verslawing as dit sinefrien of 'Bitter orange extract' bevat, en dehidrasie of verlies aan normale dermfunksie as dit kwaai purgeermiddels bevat. Ek vertrou dat die dr vir jou dogter skildklierhormoonaanvullings soos Eltroxin voorgeskryf het. Dit sal miskien raadsaam wees om die dr weer te kontak om uit te vind of die dosis vir jou dogter korrek is, al dan nie. Ek sal ook sterk aanraai dat julle 'n geregistreerde dieetkundige spreek om 'n persoonlike dieetvoorskrif vir jou dogter te kry. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal 'n dieet moet ontwerp wat aan die een kant jou dogter help om gewig te verloor, maar steeds al die voedingstowwe bevat wat sy op hierdie ouderdom nodig het om nog gesond te groei en te ontwikkel. Fisiese oefening is een van die belangrikste hulpmiddels om jong mense te help gewig verloor. Laat jou dogter elke dag vir ten minste 30 min aërobiese oefeninge doen (bv. touspring, flink stap, fietsry, swem, of skryf haar in by 'n goeie gimnasium). Moedig haar aan om so aktief as moontlik te wees, want die oefening sal haar trae metabolisme stimuleer en ook gewigsverlies aanhelp.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.