advertisement
Question
Posted by: Marita | 2010/08/30

Skildklier

Ek was vir byna 27 jaar op skildklier nadat dit gedeeltelik verwyder is in 1983 (het o.a. Hashimoto siekte v skildklier gehad). My skilklier was die afgelope paar jaar meestal onderaktief en ek was op 0.15mg Eltroxin. In Julie het een van die lesings egter hoog gelees en my huisdokter het my oorgesit op Euthyrox 0.25mg. Ek moet die toetse oor 3 maande vanaf middel Julie herhaal. Ek sukkel baie met insomnia, vergeetagtigheid en veral hartkloppings. Hoe lank neem dit gewoonlik voordat sulke medikasie begin help en hoef ek bekommerd te wees oor die hartkloppings? Ek is ook baie moedeloos oor die slaaploosheid, want absoluut niks help daarvoor nie! Ek is ook op 1 Chela-Fer per dag vir 3 maande weens ''n ystertekort.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Marita
Jy moet dat jou dokter kyk of jy onreelmatige hartklop het, en vra hom om iets voor te skryf vir die slaaploosheid. Dit kan partykeer 'n paar weke vat voor dit behoorlik werk.
Sien ook http://www.nlm.nih.gov/medlineplus/druginfo/meds/a682461.html
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Caroline du Preez | 2010/09/30

Ek het die chemo pil gesluk in 2002 vir n ooraktiewe sklidklier en is daarna op behandeling van Eltroxen. Ek drink dit elke dag asook Ziak vir bloeddruk en Estrophem vir hormone. Ek drink ook Cymfostatine vir cholestrol. Ek sukkel baie met hardlywigheid en partykeer Candida. Het al baie toetse ondergaan maar nie werlik oplossings gekry nie . Ek is 50 jaar oud en weeg 55kg. Die skildklier gaan baie goed aan maar het nou onlangs weer n knop in my keel gekry wat ek probeer afsluk en prikkels in my keel. Ek het weer bloedtoetse laat doen en hulle het my T4 en TSH getoets. Die T4 lesing is 16.0 en die TSH is 0.33. My huisdokter sê  dit is normaal. Kan u dalk vir my n antwoord gee vir die swaar sluk?
Dankie

Reply to Caroline du Preez
Posted by: Cyberdoc | 2010/08/30

Hallo Marita
Jy moet dat jou dokter kyk of jy onreelmatige hartklop het, en vra hom om iets voor te skryf vir die slaaploosheid. Dit kan partykeer 'n paar weke vat voor dit behoorlik werk.
Sien ook http://www.nlm.nih.gov/medlineplus/druginfo/meds/a682461.html
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement