advertisement
Question
Posted by: Desperaat | 2009/07/15

Skildklier

Ek vermoed ek het skildklier probleme. Ek lei al jare aan depressie, maar ek het ook menig ander simptome, en ek het agtergekom dat dit dalk verband kan hou met skildklier probleme. Dit het ek agtergekom toe ek bietjie op die net gaan soek het na oorsake van my simptome. My grootste probleem is die depressie, ek wil nie meer so saam met dit leef nie. Die laaste ding wat my nou desperaat gemaak het om wel toetse te laat doen, was toe my haarkapper dit voorgestel het, omdat ek permanente haarverlies ervaar. Die normale haarfases is daar nie, dit hou net aan uitval, nou al vir ' n paar jaar.

My probleem is, ek weet daar is skildklier spesialiste, maar ek het nou al baie navrae gedoen en ek kry net nie -|- ak besonderhede vir so dokter nie. Het julle dalk vir my -|- ak besonderhede vir ' n spesialis in skildklier, in Pretoria.

Baie dankie, ek hoop ek kan nou geholpe raak.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Desperaat
Daar is net een endokrinoloog in Pretoria - in Pretoria Oos hospitaal - Dr H Oosthuizen, wat ek weet wat spesialiseer in skildklier probleme. Meeste interniste kan dit egter ook behandel.
Ek het nie haar nommer nie , maar hier is die hospitaal s'n:012 422 2300
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Desperaat | 2009/07/17

Baie baie dankie Dr Bets, ek waardeer dit!!!

Reply to Desperaat

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement