advertisement
Question
Posted by: Mokkie | 2009/04/06

Skildklier

Hi Doc

Dankie dat ek in Afrikaans kan skryf. En vergewe by voorbaat die laaang storie!

Ek is raadop met my skildklier en my dokters! Ek sukkel al 15 jaar met ' n ooraktiewe skildklier wat net nie reg kom nie. Dan' s hy op dan' s hy af. Ek het ook die teenoorgestelde simptome gehad toe ek begin sukkel het, vreeslik gewig opgetel. Ek het ' n operasie gehad en ook radio-aktiewe jodium gesluk in 1995.

Verlede jaar het ek besluit om ' n Endokrinoloog te gaan sien in die stad (150km van my af), Hy het my gesien in Mei, en my medikasie aangepas. Hy het gesê  ek moet 6 weke later weer my bloed laat trek, wat ek gedoen het. Ek het HOM geskakel, met sy ontvangsdame/ assistent gepraat en hy het laat weet ek moet weer my medisyne aanpas. Die rekening het gekom, R250 vir ' n telefoniese konsultasie.

Ek verstaan dit het sy tyd geneem en het dit betaal. Hy het laat weet ek moet in Jan weer my bloed laat trek. Ek het, en hom (sy assistent) gebel om te hoor hoe ek my medikasie moet aanpas. Hierdie keer was sy rekening R670! My medies betaal nie telefoniese konsultasies nie, en ek moes dit betaal.

Toe hy dus nou weer sê  ek moet my bloed na 6 weke laat trek, het ek besluit om hom nie weer te bel nie, my bankbalans kan dit nie hou nie. Plaaslik het ' n internis wat ek 10 jaar gelede gesien het, teruggekeer van oorsee en ek het besluit om hom weer te probeer. O aardetjie tog!!

Eers het dit meer as ' n week geneem om die vorm uit hom te kry waarmee ek moes laat bloed trek. Nadat ek dit gedoen het, het ek herhaalde kere gebel om te hoor of ek vir ' n besoek moet kom en of hy met my oor die foon wou praat. Na nog ' n week, het ek na ' n groot gesukkel ' n afspraak gekry. Ek het hom gesien, en hy wou toe ook my T3 telling hê  (het net T4 en TSH wat toe verhoog was getrek). Ek het dit dieselfde dag gedoen. Hy het nie veel tydens die konsultasie gesê  nie, net dat miskien nie nodig is om my medikasie aan te pas nie.

Nou wag ek al weer meer as ' n week dat hy terugkom na my toe om net vir my te sê  wat my te doen staan met my medikasie en of als in orde is. Ek kry die gevoel die dokters voel vere vir ' n mens deesdae, of is dit maar net ek?

Ek gebruik tans 1.5 mg Eltroxin ' n dag. My tellings is as volg:
TSH - 0.14
T4 - 12.7
T3 - 4.1

Ek moet sê , die internis het vir my gesê  my simptome is weereens teenoorgesteld van wat die bloed aandui. Ek is vreeslik koulik, huilerig, moeg en tam en lusteloos en slaap sleg.

Wat sou jy voorstel doen ek? Ek woon naby Kaapstad (150km). Waar kan ek om hulp aanklop? Of moet ek maar so aangaan met my medikasie? En wat doen ek oor 6 maande?

Jammer vir die vreeslike treurmara, maar ek weet nie waar om anders hulp te vra nie.

Soos altyd, baie dankie vir die forum.
Groete

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Mokkie
R670 klink vir my bietjie dik vir 'n daalder vir 'n telefoon konsultasie, veral as die dokter nie self met jou gepraat het nie!
TSH is laag ( maw jou Eltroxin wat jy neem is genoeg om stimulasie in die brein te onderdruk) T3 is normaal (2-6.9) T4 is normaal (10.3-24) maar daar is dalk iets anders fout (anemie, depressie, lae esterogeen vlakke, en as jy in die regte ouderdoms groep val, menopause) Waar bly jy, dalk is daar iemand waarna ek jou kan verwys? Sommige spesialiste is geneig om "tonnelvisie" te hê en net na hulle spesialis gebied te kyk, mens het eintlik 'n goeie outydse huisarts nodig om na jou as geheel te kyk en verder te soek vir die rede hoekom jy so goor voel!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2016/04/13

Hi dr ek moet gaan vir n galblaas operasie maar dit word elke keer uitgestel omdat my skildklier vlakke te laag is maar my TH vlakke is te hoog wat kan ek doen om dit reg te kry?ek was op twee 100mg pille per dag en drink nou 50mg dankie

Reply to Anonymous
Posted by: Hannelie | 2009/06/19

Hallo
Ek was 18 toe ek moet ' n ooraktiewe skildklier gediagnoseer is. Het in 1991 radio aktiewe jodiumbestraling gekry, van toe af is my skildklier onderaktief. Ek tel maklik gewig op, wat ek glad nie afgeskud kan kry nie. Ek oefen elke dag, stap elke dag, is op die skudmasjien, ek eet reg, want ek is intussen met cholesterol ook gediagnoseer. Ek drink tans 1,5 mg Eltroxin elke dag. Maar my metabolisme het intussen nie meer die werking na die bestraling nie. Is daar enige raad? Wat is die korrekte skildkliertelling?
My vel is droog, ek kry gou koud, raak gou depressief en is soms baie moeg, alles as gevolg van die skildklier.

Reply to Hannelie
Posted by: Gerda | 2009/04/07

Hallo,

Ek is so bly dat ek iemand teekom wat met dieselfde gesukkel as ek sit. Ek is ook buite Kaapstad. Ek het selfs die jaar hartkloppings gekry - 274 slae per minuut. My eltroxin is onmiddelik van my weggeneem. Hulle (drs) voel dat dit " afgebreek'  moiet word en ons stelselmatig dit weer moet opbou. Ek wil net ook graag weet van iemand wat kan help!!

Groete
G

Reply to Gerda

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement