advertisement
Question
Posted by: Lena | 2009/01/06

Skildklier

Liewe Dr Bets

Eks ' n 23jarige vrou wat vir die eerste keer bloed gaan laat trek om my skildklier gaan laat toets. Ek wil onderandere ook myself laat toets vir allergieë . Wat is nog belangrik om te laat toets?

Ek is oorgewig en sukkel om die kilo' s af te skud. Ek kan onthou eks dieë et pille as kind gevoer. Ek is skrikkerig om myself te laat toets, dus het ek ' n paar vrae. Eers wil ek noem dat daar aan my Pa se kant een geval van ' n onderaktiewe skildklier is. En dan ook my suster. My Ma se kant niks.
1. Watter sigbare tekens is daar van probleme met ' n skildklier?
2. Wats die verskil tussen ' n ooraktiewe en onderaktiewe skildklier?
3. En watter een is die " gevaarlikste?" 
4. Ek het al gehoor mense wat skildklier probleme het en pille daarvoor drink tel dan gewig op. Is dit werklik so?

Jammer vir die baie vrae. Ek probeer myself " educate"  sodat ek kan reg wees vir watookal die uitslae van die toetse is.

Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Lena
"n Onderaktiewe skildklier gee gewoonlik gewigstoename. Hierdie mense is ook gedurig moeg, droee vel en hare, hardlywigheid, depressie, kry maklik koud en het kopseer en spierpyne. 'n Ooraktiewe skildklier maak te veel skildklierhormoon en 'n onderaktiewe skildklier te min. Skildklier hormoon is belangrik vir jou metabolisme. Albei is ewe nadelig. Mens kan inisieel dalk bietjie gewig optel as jy begin skildklier aanvullings gebruik.
Jy moet sommer ook toets vir insulien weerstandigheid, vastende bloedsuiker, prolaktienvlakke.
Sien ook http://www.mayoclinic.com/health/hypothyroidism/DS00353
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Chris-Marie Maasdorp | 2015/10/21

Eke het n droe vel en sukkel bje erg om gewig te verloor eks 15 jaar oud en is oorgewig eke kry bje vinnig warm

Reply to Chris-Marie Maasdorp
Posted by: Juanita | 2015/04/14

More...Ek moet die specialis gaan sien die week oor my oor aktiewe skuldklier. My doktor het aan my verduidelik dat my specialis my 'n pil gaan gee om te sluk. Daarmee gaan hy nou presies kan sien op daar kanker is of nie. Kan julle dalk aan my verduidelik hoe die "pil storie" werk?

Reply to Juanita
Posted by: Amanda | 2014/02/02

Ek het gedurig 'n irritasie in my keel. Voel of daar iets sit wat ek nie kan afsluk nie en saans as ek gaan lê voel dit erger, soveel so dat ek paar keer in die nag regop sit want die voel of ek wil versmoor. Ek kry permanent warm en is oorgewig. My vel gaan agteruit, hare ook wel bros en nie in goeie toestand. Toetse wys nie noodwend fout nie, alhoewel ek seker meer as 'n jaar laas daarvoor getoets is. Ek is meer bekommerd oor die gedurige "knop" wat ek voel as ek sluk. Ek word ook baie gou naar - ek dink dis wanneer iets dalk verby die "knop" beweeg! Enige raad sal waardeer word. Baie dankie vir die geleentheid.

Reply to Amanda
Posted by: LC | 2009/01/06

Ek het ook onlangs my uitslae gekry van skildklier toetse en was die resultaat dat ek wel ' n onderaktiewe skildklier het. My simptome was dat ek wel nou vir die afgelope 16 maande borsvoed en steeds gewig aan gesit het. Ek bly moeg, kan skraars my oë  oophou 8 uur in die aande en my vel het ook lelik begin uitslaan. Ek het in ' n Huisgenoot gelees van ' n voormalige Mej. Suid Afrika wat dieselfde simptome gehad het en dit is toe laat ek my toets. Ek drink tans Eltroxin maar weet nie of ek nog gaan gewig aansit nie, hoop nie so nie. My ouma het weer ' n ooraktiewe skildklier en ' n gewas gehad wat darem als verwyder is. Hoop dit help!

Reply to LC

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement