advertisement
Question
Posted by: Kobus | 2011/03/09

Skeuring of loslating van Retina

Onlangs met " Glasvogloslating"  (" Vitreous Detachment" ) in my enigste oog gediagnoseer.
Indien ek probleme soos skeuring of loslating van die retina ondervind. Moet ek George toe ry (1uur en 30 min) ,of Kaap toe (4 ure) waar die Kaapse Ooghospitaal is en die dokters meer sulke met sulke gevalle te doen kry. ''n Ander opsie is die ER 24 Hellikopter wat te Oudtshoorns wat 20 min van my plaas is. My huidige oogdokter is in die Kaap. Hoeveel tyd het ek tot my beskiking .

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Kobus
Sjoe dis nogal 'n moeilike vraag en ek dink jy moet jou oogdokter ook vra! Mens moet 'n retinale loslating binne 24 uur probeer behandel, maar die ryery op 'n stamperige pad is nie goed vir so loslating nie - so ek dink die naaste oogspesialis (George) is die beste roep en jy moet probeer plat lê sodat gravitasie die retina in plek hou. Daar is 3 oogspesialiste in George
Faul, Richard H Ophthalmologist George 044 873 0126
Meyer, Johannes H Ophthalmologist George 044 874 0178
Roux, Charl W Ophthalmologist George 044 874 1258
Ek sou ook dink die verhoogde lugdruk in 'n helikopter is nie goed vir so oog nie, en uit ondervinding in die weermag weet ek dat om 'n helikopter te bestel nie altyd juis vinniger is as padvervoer nie!Laat weet my wat sê jou oogspesialis in die kaap?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Dewald Labuschagne | 2015/06/14

Omtrent so twee weke gelede was ek die oggend besig met n takie buitekant< en meteens se ek vir my vrou hier is nou iets verkeerd met my oog> Na verdere ondersoek het my vrou opgelet dat die "swart kyker " kan nou nie die mediese terme nie amper die hele oog vol is. Ons het dadelik na die oogarts gegaan waarop sy dadelik ons na n spesialis Dr Charl Roux van George verwys het. Hulle was baie hulpvaardig en vriendelik en bygese dat dit amper huistoe tyd was> die gewilligheid van die staf was wonderlik. Alhoewel ons die volgende dag vir dr Charl kon sien het sy vennoot ons met raad en bystand gehelp. Die prosedure is die volgende middag gedoen met groot sukses. Dieselfde raad wat die mense hierbo noem is ook aan ons verduidelik. Ons is baie versigtig en doen niks wat nie voorgeskryf is nie en die betrokke oog hertstel goed. As ons op n afgelee plek moes gebly het weet ek nie wat ons sou gedoen het nie, aangesien daar geen indikasie van pyn of iets anders was nie net n ongemaklike gevoel. Dan moet ons ook aan die Oogarts dr Andriette baaaie dankie se vir haar flinke optrede. Hiermee wil ons graag ook vir mense se gaan elke jaar vir n oogtoets al kry n mens nie nuwe brille nie net om seker te maak alles is reg.

Reply to Dewald Labuschagne
Posted by: Cyberdoc | 2011/03/09

Hallo Kobus
Sjoe dis nogal 'n moeilike vraag en ek dink jy moet jou oogdokter ook vra! Mens moet 'n retinale loslating binne 24 uur probeer behandel, maar die ryery op 'n stamperige pad is nie goed vir so loslating nie - so ek dink die naaste oogspesialis (George) is die beste roep en jy moet probeer plat lê sodat gravitasie die retina in plek hou. Daar is 3 oogspesialiste in George
Faul, Richard H Ophthalmologist George 044 873 0126
Meyer, Johannes H Ophthalmologist George 044 874 0178
Roux, Charl W Ophthalmologist George 044 874 1258
Ek sou ook dink die verhoogde lugdruk in 'n helikopter is nie goed vir so oog nie, en uit ondervinding in die weermag weet ek dat om 'n helikopter te bestel nie altyd juis vinniger is as padvervoer nie!Laat weet my wat sê jou oogspesialis in die kaap?
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement