advertisement
Question
Posted by: Adele | 2010/06/30

Skaal

Goeie more,
Ek weeg myself elke oggend en is verbaas hoe my gewig wissel met +- 1kg op en af elke dag. Die 1kg op kan soms n paar dae so bly voor dit weer af gaan. Hoe is dit moontlik? Ek hou my gewig dop en eet baie gesond en sorg dat ek al die voedingsstowwe inkry soos aanbeveel. Ek drink +- 2,5lt vloeistof per dag waarvan meer water is as koffie of tee. Geen gas koeldrank nie. Die 1kg op kan soms kommerwekkend wees aangesien ek nie wil gewig op tel nie. Ek is 41jaar en het jare terug historektomie gehad maar het nog eiertokke. Kan jy asb vir my verduidelik?
Baie dankie en God seen jou.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Adele
Dit is normaal dat mens se gewig met so veel as 3 kg van dag tot dag en van die oggend tot die aand kan wissel. Om jouself elke dag te weeg, is senutergend en dit is dan ook hoekom ons aanbeveel dat mense hulself net een keer per week moet weeg! Die skommelings in liggaamsgewig kan deur waterretensie veroorsaak word wat weer deur hormoonvlakke, soutinname, spanning, ens, beïnvloed word. Moet asb nie stres oor 'n verskil van 1 kg nie aangesien stres hormone vrystel wat wel waterretensie veroorsaak en onthou om jouself net een keer per week te weeg.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2010/06/30

Beste Adele
Dit is normaal dat mens se gewig met so veel as 3 kg van dag tot dag en van die oggend tot die aand kan wissel. Om jouself elke dag te weeg, is senutergend en dit is dan ook hoekom ons aanbeveel dat mense hulself net een keer per week moet weeg! Die skommelings in liggaamsgewig kan deur waterretensie veroorsaak word wat weer deur hormoonvlakke, soutinname, spanning, ens, beïnvloed word. Moet asb nie stres oor 'n verskil van 1 kg nie aangesien stres hormone vrystel wat wel waterretensie veroorsaak en onthou om jouself net een keer per week te weeg.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement