advertisement
Question
Posted by: Willem | 2012/05/07

Sinus/Rinitus/hooikoors...noem dit wat jy wil...my neus bly toe!!!

Hallo dr,
Ek sien hier is letterlike 100’ e klagtes oor sinus… hier is nog een. Ek bly die afgelope 11 jaar in die Paarl en ek kry deedae die ongelooflikste sinus probleme. Ek was altyd redelik aktief (mountain bike) maar my sinus maak dat ek omtrent permanent “ onder die weer”  is. Ek gaan sien gewoonlik eers die huisdokter as daar infeksie en ander kwale van kom.
Dis nou die tweede keer dat ek iets soos ‘ n sinus blok beleef. My siekte (agv post-nasale drip bv keel en hoes/bors) is twee weke terug al gesond (na 2 kursusse antibiotika, ‘ n kortisoon inspuiting en wat nou nog!), maar my nuus is so toe soos die spreekwoordelike klei-os se h… neus! Ek spoel my neus die afgelope week met saline wat ek by die apteek gekoop het. Ek maak 200ml op ‘ n slag aan en spuit die mengsel met ‘ n stuk chrurgiese pyp in my neus holtes, hou dit ‘ n rukkie daar en laat dit dan uitloop. Vanaand het daar nogal redelik baie geel/bruin slyme uitgekom. Ek is al so moeg van die alewige toe neus. Ek drink omtrent permanent anti- histamine en spuit daagliks ‘ n steroid neusproei (Flowmist op dr’ s voorskrif).
Ek het verlede jaar presies dieselfde gehad. My huisdokter stuur my toe vir x-strale wat aandui my linker sinus holte is gevul en daar is ‘ n effense afwyking/vernouing, maar die radioloog het gese dit is glad abnomaal vernou of iets nie en behoort geen effek op my sinus te he nie. In elk geval, die huisdokter stuur my toe weg met 10 dae orale kortisoon en se ek moet maar gereeld neus blaas. Ek het toe ook die saline ding gedoen (toe ook erge geel/bruin slyme uitgespoel soms met effe bloederigheid by –  dit het regtig gelyk soos etter) en alles het opgeklaar binne 5 dae. Ek was weer reg en het normaal aangegaan tot nou 6/7 maande later… 
Ek is lus om more sommer by ‘ n ENT ou te gaan aanklop, want ek raak mal. Dit kan mos nie gesond wees vir jou maag, niere en lewer om die heeltyd met die “ gif”  te deal nie? Alhoewel, ek maak nogal ‘ n punt daarvan om nie sommer te sluk nie, maar wel neus te blaas. Dit raak ook by my werk al vir my ietwat van ‘ n verleentheid –  ek dink hul is onder indruk ek rook boom of iets! Ernstig nou, ek is ‘ n senior bestuurder en moet gereeld met mense praat en dis eintlik bitter vermoeiend om heeltyd so te beur teen ‘ n geblokte neus.
Ek het al oorweeg om alle suiwel en graan uit te sny uit my dieet, dit het nogal wondere gedoen vir van die ander mountain bikers in die Paarl.
Enige raad is welkom!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Willem

Ek stel voor dat jy 'n Oor-, neus- en keelspesialis vir 'n ondersoek en plate van jou sinusse te konsulteer. Ek dink jy sal baat vind met sjirugiese dreinering van jou sinusse. Ek stel ook voor dat jy 'n allergie spesialis konsulteer, sodat toetse gedoen kan word om vas te stel presies waarvoor jy allergies is. Sodoende kan die oorsprong van die probleem aangespreek word.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2015/11/23

Goeie Middag.. Ek kom vra vir raad asb.. 9 maande terug toe kry ek asmatiese brongietis na al die medikasie toe is ek gesond.. 'N week later toe is ek siek met n sinus drip.. 'N week gesond toe is my ouma oorlede.. Ek is toe polokwane toe om rustig te word. Ek is toe siek toe ek terug kom.. Van daar af elke dag en nag sit ek met 'n toe neus.. Wat kan die oorsaak wees.. Ek sien ok my mangels is terug.. Enige raad asb gebruik nou al lank neus sproei ek het koeksoda en sout probeer werk ni.. Asb e

Reply to Anonymous
Posted by: Maria | 2012/05/08

Die ENT het vir my en my dogter Avamys neussproei voorgeskryf en dit help. As ek weer sinusinfeksie kry gaan ek sommer direk na hom toe, ons het laas winter 6 weke lank met die huisdokters aangesukkel en nê rens gekom nie, hulle skryf nie die regte medikasie en vir lank genoeg voor nie.

Reply to Maria
Posted by: Just passin on info | 2012/05/08

To whom it may concern,
My name is Sydney Eaby, I am 52 years old and I live in Villiersdorp in the Western Cape. I have suffered from chronic respiratory allergies since moving to the Cape from Kwa-
Zulu Natal in 1994. Symptoms included constant sneezing, coughing, tightness in the chest - to the point
that I could not sleep at night, burning eyes and having to blow my nose more than anyone I had ever met in my life.
I have tried every solution that I know of  anti-histamines (many different types), cortisone (sprays and injections), asthma pumps (under doctors direction), homeopathic
remedies and even natural medicines such as locally made honey. All of them helped a bit and for a while.
Then I installed a Aetaire Air Disinfection Unit in my bedroom.
The results were immediate! I woke the next morning with a clear chest, no irritation in the eyes and realized that for
the first time in a very long time I did not wake up needing to blow my nose. I have found that if I use the Aetaire through the night and breath in the clean air for those eight hours I do not even get the hay fever symptoms during the day when I am
out and about.I have always been very cautious and skeptical when anyone recommends an answer to allergies - but I recommend the Aetaire without reservation.
Aetaire also claims that breathing clean, pure air while I sleep will also help in many other areas including having more energy - I look forward to proving them right.
Rev. Sydney Eaby

harry at subibrite dot com (costs R4000)

Reply to Just passin on info

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement